Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg

Inleiding

Die webblad is bedoel om kontak te bou met Afrikaners en kultuurgenote wat die bedreiging besef waar die ondergang van SA ook Afrikaners tot ondergang sal meesleur.
Om dit te voorkom is Onafhanklikheid en Soewereiniteit oor eie Gebied die enigste oplossing.

Die tyd het aangebreek om so'n gebied in Suid Afrika af te baken, waar ons politieke beheer oor ons eie mense kan uitoefen en daarmee ons Westerse sosiale, kulturele en ekonomiese strewes vryelik kan beskerm en uitleef, terwyl die Spelreëls van die SA-Grondwet en veral Internasionale Regsbeginsels en -vereistes deeglik in ag geneem sal moet word.

Die bladsye wat u gereëld sien, verwys na die oorspronklike inskrywing uit die boek " 'n Heimat vir Afrikaners: Die Tiende Provinsie", deur mnr Cor Ehlers, voorsitter van OASE (Onafhanklike Afrikaner-Selfbeskikking-Ekspedisie), vooraanstaande Afrikaner-navorser en spesialis vir Afrikaner-Selfbeskikking.
Dit is aan sy volgehoue ondersteuning waaraan ek my verworwe insig en kennis oor Afrikanerselfbeskikking te danke het.

"Met dank aan Cor vir U vriendskap en geduld terwyl U al die jare as mentor U tyd en kennis getrou met my gedeel het."

Laai gerus die boek af by die advertensie langsaan as u met 'n laptop lees, of heel onderaan as u 'n slimfoon gebruik.

Met vriendelike groet,
Jan Mastenbroek.

------------------------

2. Die VF Akkoord

Kortliks praat ons oor:
Die Akkoord (VryheidsFront / ANC) as voorloper van Art.235, en wat die Konstitusionele Hof gesê het tydens sertifisering, en oor die waarde van Artikel 233.
Ons noem die Internasionale regsinstrumente waarop aanspraak op Selfbeskikking berus, die Definisie van 'n volk en die Riglyne vir Gebiedsafbakening en die Internasionale Regsgronde vir Afrikaner-grondgebied.
En dan gesels ons oor die OASE model, die gebied wat OASE voorstel as 'n Afrikaner Heimat, en hoe dit bewys kan word dat dit geskiedkundig Afrikanergrond is.
Ons praat oor Historiese grondbesettingspatrone in SA nog voor die Voortrekkers aangekom het van Bruinmense, die KhoiSan, swart stamme, die mfecane en Mzilikazi

Ons bespreek Afrikaners en Voortrekkergroepe van van Hendrik Potgieter en Vegkop, Masega en Kapain teen Mzilikazi se Matabeles, en van Piet Retief en Bloedrivier teen die Zoeloes.
Ons staan ook stil by Internasionale Regsvereistes waar Voortrekkers onmiddelik na Mzilikazi verslaan is die hele verowerde gebied beset en bewoon het , terwyl in Natal net die deur Piet Retief onderhandelde gebied met Dingaan beset en bewoon was. Ons kyk ook na die groep boere wat grond by Cetswayo onderhandel het wat die Republiek van Utrecht geword het en later ingelyf is by die ZAR.
Dan is daar die wetgewing in 1913 waar swart mense die reg kry op gebiede waar hulle tradisioneel gewoon het.
Ten laaste kom ons by 'n gevoelige punt onder ons mense: Wie wil Baas wees moet ook Klaas kan wees, en kyk ons na die voorbeelde waar ons by Orania en Kleinfontein kan leer ...


Die Akkoord tussen die ANC en die Vryheidsfront:
Die krag van die Akkoord is daarin geleë dat dit 'n regsgeldige kontrak is wat in 'n hofsaak oor Selfbeskikking vir Afrikaners kan dien as getuienis vir wat in die reg bekend staan as “voorbereidende werksaamhede”. Die Regters van 'n hof behoort dus die Akkoord te aanvaar as getuienis ter stawing van die bedoeling van Artikel 235 van die Grondwet wat voorsiening maak vir Selfbeskikking en wat 'n direkte gevolg is van die Akkoord, alhoewel die inhoud daarvan beperk is. (Bls 79).


En met die sertifisering van Art.235...
het die Konstitusionele Hof o.a. vasgestel dat: [219] It is not necessary for us to decide whether the NT is obliged to keep the idea of territorial selfdetermination alive. The fact is that the CA chose to do so in terms of NT 235, which ensures that the permissive door opened by the CP is kept ajar. It is obvious that any arrangements which could be made to establish a territorial entity and to define its boundaries will have to be negotiated with an existing government within the framework of the NT [including the permissive provision]. (Bls 81).


Die waarde van Artikel 233:
Wat verder van groot belang vir Afrikaners is wat territoriale selfbeskikkking begeer is in Art.233, wat vasstel dat, waar daar interpretasie-verskille in die Grondwet sou wees, dat voorrang gegee word aan die beginsels van Internasionale Reg. (Bls 82). Dit gee Afrikaner-onderhandelaars verdere toegang tot Internasionale Regsbeginsels.


Volke se aanspraak op Selfbeskikking...
berus op verskeie Internasionale Regsinstrumente waarvan die volgende van belang is:
*** International Covenant on Civil and Political Rights, Deel I en Deel II;
*** African Charter on Human and Peoples Rights;
*** United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples.

(alhoewel dit 'n ope vraag is of 'n hof Afrikaners as inheems sal beskou) (Bls 83,84,85).


Wat is dan die definisie van 'n Volk?
Daar is mense, ook sommige Afrikaners, wat worstel met allerlei definisies oor wie nou eintlik Afrikaners is. Binne die konteks van selfbeskikking kry ons die mees aanvaarbare definisie van 'n volk (Engels: a People), soos vervat in UNESCO se bevindinge:-
1. A group of individual human beings who enjoy some or all of the following features:
a. a common historical tradition;
b. racial or ethnic identity;
c. cultyral homogeneity;
d. linguistic unity;
e. religious or ideological affinity;
f. territorial connection;
g. common economic life
2. The group must be of a certain number which need not to be large, but which must be more than a mere association of individuals within a state.
3. The group as a whole must have the will, or the consciousness, to be identified as a people, allowing that groups, though sharing the foregoing characteristics, may not have that will or consciousness.
4. Possibly, the group must have institutions of expressing its common characteristics and will for identity.
Ons mag hieruit aflei (veral uit punt 3) dat iemand 'n Afrikaner is as die persoon hom of haar as 'n Afrikaner beskou. 'n Afrikaner weet dat hy of sy een is, soos Skotte weet hulle is Skotte, so ook Iere, Vlaminge, Baske, Jode, Zulus, Tswanas ens. ens.
Sommige kenners voeg 'n verdere eienskap by: dat mense buite die groep die spesefieke groep ook as 'n volk moet beskou, in hierdie geval dan as Afrikaners.
(Bls 35-40 bespreek hierdie definisie uitvoerig en vergelyk die kenmerke van Afrikaners teenoor die van bruin en swartmense in Suid Afrika.)


Riglyne vir Gebiedsafbakening vir Selfbeskikking:
* 'n Historiese verbintenis met die grondgebied en steeds permanente besetters;
* Korrelasie tussen grondoppervlakte as persentasie van totale landoppervlakte,
en tussen die bevolkingsgetalle as persentasie van totale getalle van die eenheidstaat;
* Regte van minderhede in die gebied moet duidelike beskerming geniet;
* Minimum ontwrigting vir beide kante;
* Vorm 'n etniese meerderheid;
* Maniere oor hoe grondgebied bekom is in die geskiedenis.(Bls 86).


Internasionale Regsgronde vir Afrikaners se aanspraak op grondgebied:
* Grondgebied wettiglik verower van Mzilikazi en sy Matabeles;
* Grondgebied kragtens wettige sessie van swart stamme/volke (met voorbehoude);
* Grondgebied waaroor Afrikaners in die verlede soewereiniteit geniet het ;
* Grondgebied waar Afrikaners vandag gekonsentreerd bly as etniese meerderheid;
* Let wel:Volke het sterker aanspraak op Territoriale Selfbeskikking oor grondgebied waar in hul geskiedenis Soewereiniteit (d.i. Internasionale erkenning) geniet was.(Bls 87).


Die OASE model (voorgestelde gebied):
Die grondgebied waarna OASE verwys vir Afrikaner-Selfbeskikking val binne die grense van die voormalige Soewereine Boererepublieke van die ZAR en die Oranje-Vrystaat waar Afrikaners volle onafhanklikheid met Internasionale Erkenning geniet het. Let ook daarop: dat “OASE model” en “OASE afgebakende gebied” oorspronklike OASE beskrywings is van die gebied wat deur OASE volgens Internasionale Regsvereistes afgebaken/voorgestel word.


Aanspraak op die OASE afgebakende gebied is bewysbaar...
op grond van historiese feite, betroubare literatuur, wettige verdrae, Afrikanergrafte, monumente, historiese geboue, kultuurerfenisterreine ens.. Dit is ook waar die meerderheid Afrikaners vandag nog steeds gekonsentreerd woon. (Bls 87).


Historiese Grondbesetting van Suid Afrika:
Die verskillende volke wat Suid Afrika bewoon het word in Hoofstuk 6 van Cor Ehlers se boek “'n Heimat vir Afrikaners: die Tiende Provinsie” in diepte beskryf. Om die verskil tussen “verowerde gebied” en “gebied bekom deur sessie” te benadruk bespreek ons nou eers geskiedkundige besettings in Suid Afrika.

Bruines: As gevolg van historiese grondbesettingspatrone en Suid Afrika se staatkundige ontwikkeling sedert die koms van Jan van Riebeeck in 1652, beset bruinmense vandag as 'n meerderheid die Weskaap asook dele van die Oos- en Noordkaap.
Die San was nomadiese jagters en versamelaars. Nomadiese volke vestig nie permanent in 'n spesefieke gebied en het dus geen aanspraak op territoriale selfbeskikking nie.
Die Khoi-Khoi was hoofsaaklik veeboere en versamelaars, maar het ook akkerbou as bestaansboerdery bedryf. (Bls 88).

Swartes van Suid Afrika is almal Bantoetaalsprekend en is oorspronklik afkomstig uit die Groot Meregebied van Afrika. Daar moet in ag geneem word dat swartes van Afrika, voor die koms van witmense uit Europa met hul Westerse tegniese en tegnologiese vaardighede, hulself moeilik permanent kon vestig in die koudste dele van Suid Afrka, en ook waar geen standhoudende drinkwater of natuurlike hout was nie.(Bls 89).


Groot verwoesting - die mfecane..
Tussen 1815 en 1835, voor die koms van die Voortrekkers, is daar groot verwoesting in die binneland van SA veroorsaak deur verskeie swart en bruin tiranne, soos Shaka en Dingane van die Zoeloes, Mzilikazi en sy Matabeles, Manthatisi van die Tlokwas, die Bergenaars, Barend Barends en Jan Bloem van die Khoi-Khoi. Die tydperk is bekend as die mfecane of defacane toe meer as 'n miljoen swart en bruinmense omgekom het. (Bls 92).


Mzilikazi.
Mzilikazi het tussen 1822 en 1835 die hele gebied beheer vanaf Machadodorp in die ooste tot teenaan die Botswana grens in die weste en ongeveer vanaf die huidige N4-roete (Pretoria, Rustenburg, Zeerust) in die noorde tot sover as Bloemfontein in die suide. Die Zoeloes en Khoi-Khoi het Mzilikazi daar gaan verdryf maar het hulle nooit in die verowerde gebied gaan vestig nie en het die gebied ontvolk gelaat. Die Matabeles het weswaarts gevlug tot in die Maricovallei teen die Botswanagrens en het daar gaan vestig.


Afrikaners en Voortrekkergroepe
Afrikaners: As gevolg van die Britse anneksasie in 1806 van die hele Kaap Suid van die Oranjerivier het duisende Afrikaners teen 1835 besluit om die Kaapkolonie te verlaat na 'n nuwe tuiste waar hulle in vryheid kon voortbestaan.
maardie Voortrekkers was nie eensgesind nie en het in twee hoofgroepe uitmekaar gegaan.

Die groep Voortrekkers onder leiding van Hendrik Potgieter het, ten spyte van waarskuwings teen die wreedaardige Matabeles, besluit om vanuit Thaba'Nchu die rigting van die Vaalrivier op te trek, en is op 16 Oktober 1836 deur 'n groep Matabeles naby Heilbron aangeval.
Hulle het die aanslag afgeweer in wat vandag bekend staan as die Slag van Vegkop, wat soms beskou word as 'n groter wonderwerk as die Slag van Bloedrivier. Die Matabeles het egter die Voortrekkers se vee weggevoer na hul vestings in die omgewing van Zeerust. In Januarie 1837 het Potgieter met behulp van 'n paar Baralong-impi's op 'n strafekspedisie die Matabeles tydens die Slag van Mosega verslaan en hul vee teruggeneem. In November 1837 het die Voortrekkers die Matabeles tydens die Slag van Kapain finaal verslaan waarna Mzilikazi en sy volgelinge tot by Bulawayo in Zimbabwe gevlug het. (Bls 101 en 102).

Die lot van die groep Voortrekkers wat onder leiding van Piet Retief Natal toe getrek het is meer bekend. Retief het met Dingane gaan onderhandel vir grondgebied. Die onderhandeling was suksesvol in die teenwoordigheid van die Britse sendeling Owen, maar Retief was met sy gevolg deur die Zoeloes vermoor, waarna die Zoeloe-impi's die hele trekgeselskap by Blaauwkrans en Moordspruit aangeval en vermoor het.
Die gebeure het uitgeloop op 'n strafekspediesie en die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838.


Verowerde gebied en Traktaatgebied
Die Voortrekkers wat deur Hendrik Potgieter gelei was het waarskynlik onbewus maar wel volgens vandag se Internasionale Vereistes die hele wettiglik verowerde gebied permanent beset, gevestig geraak en dorpe gestig, terwyl die oorspronklike bewoners hulself in 'n ander gebied en ander land gevestig het.
Hierteenoor het die Voortrekkers na die Slag van Bloedrivier nie die hele gebied beset wat hulle van die Zoeloes verower het, maar het hulle permanent gaan vestig in die gebied wat met Dingane onderhandel was, in wat nou bekend staan as die Traktaatgebied. Dit is geleë tussen die Tugelarivier in die noorde en die Umzimvuburivier in die suide, en die Drakensberge in die weste en die Indiese oseaan in die ooste. Die Voortrekkers het in 1839 die Republiek van Natalia uitgeroep maar dit het nooit enige Internasionale erkenning geniet nie.


Die Republiek van Utrecht
'n Groep Afrikanerboere het in 1854 en 1860 grondgebied in Noord-Natal kragtens wettige sessie van die Zoeloes onder koning Cetswayo bekom, wat die terrein insluit waar die Slag van Bloedrivier plaasgevind het. Die gebied het bekend gestaan as die Republiek van Utrecht wat in 1860 ingelyf is by die ZAR wat toe reeds soewereiniteit geniet het.

In 1843 het die Britte die hele grondgebied van die Voortrekkers in Natal geannekseer en het Afrikaners weereens die slagoffers van Britse Imperialisme geword. (Bls 105).


Reg op grondbesit
In 1913 en 1936 is daar wetgewing deur die Unie van Suid Afrika se parlement goed-gekeur wat vir die eerste keer erkenning verleen het aan swartes se reg op grondbesit op plekke waar hulle tradisioneel gewoon het. Hierdie wetgewing van 1913 dien as vertrekpunt vir die ANC se huidige beleid van grondrestitusie.

Daar is twee konsentrasies bruin mense in die OASE afgebakende gebied waar die mense in Afrikaners se kultuur deel en waar hul huistaal hoofsaaklik Afrikaans is – Heidedal by Bloemfontein en Eersterust by Pretoria. OASE stel voor dat die grense so getrek word dat die twee bruin gemeenskappe per referendum self kan besluit of hulle wil deel wees van 'n provinsie waar Afrikaners in politieke beheer is.

Dit is belangrik om ag te slaan op twee feite:
1. dat nie-Afrikaanssprekende wittes wat in die OASE voorgestelde gebied woon wel sal stem vir selfbeskikking,
2. dat nie-SA burgers geen stemreg het nie, en daar sal wel aangedring moet word op streng taaltoetse
. (Bls 111).

Wie wil Baas wees moet ook Klaas kan wees:
Vandat Jan van Riebeeck in die Kaap geland het is die meeste wittes verknog aan arbeid uit die geledere van ander bevolkingsgroepe, (Bls 118) wat beteken om afhanklik te wees van arbeid deur diegene wat ons vandag onderdruk...
Afrikaners kan kies téén hul verknogtheid aan en gevolglike verknegting deur werkers uit ander bevolkingsgroepe, en kan kies vír meganisasie, moderne sake- en boerderypraktyke, selfwerksaamheid en arbeid uit eie geledere. Waar dit wel nodig is om “buite-arbeid” te bekom kan daar van gekontrakteerde dienste gebruik gemaak word wat nie skroom om van arbeid, ook ongeskoolde arbeid, uit eie geledere gebruik te maak.

Goeie voorbeelde is Orania en Kleinfontein:
waar Afrikaners die werkers is wat die paaie in stand hou, slote grawe vir pypleidings en vullis wegry. Die tuin- en huiswerkers is Afrikaners en probleme met riolering word deur Afrikanerhande opgelos. Daar is ook geen plakkerskampe van hoopvolle “swartes” om werk te vind by “wittes”. (Bls 118, 119, 120) As Afrikaners ooit weer territoriale selfbeskikking wil geniet sal hulle self moet sorg dat hulle 'n meerderheid handhaaf in die gebied – so nie sal hulle maar net weer hul politieke magte in die toekoms, soos vandag, verloor. (Bls 122).

Met die oog op vinniger aflaaityd gaan ons nou na 3. Onderhandelings.

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie
deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Hier volg die video waar OASE bekend gestel word, asook 'n reeks video-gesprekke van Cor Ehlers.

OASE:- Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikkings-Ekspedisie.
Daar is hoop!
Bekendstelling van OASE.

Wie is Cor Ehlers? Cor stel homself voor, en verduidelik die noodsaaklikheid om die Grondwet te eerbiedig, en Internasionale Regsbeginsels te volg.
Volg die youtube kanaal.

Vraag 1 - waar Selfbeskikking as 'n basiese mensereg bespreek word. Wat is Selfbeskikking?

Vraag 2 - Kan enige iemand aanspraak maak op selfbeskikking? Aanspraak op Selfbeskikking

Vraag 3 - Wat is die stappe ter voorbereiding van selfbeskikking, en wat is die pilare waarop voorbereiding rus? Die pilare van voorbereiding.

Vraag 4 - Selfbeskikking het verskeie vorme. Wat is die verskil tussen interne en eksterne selfbeskikking? Die vorme van Selfbeskikking.

Vraag 5 - Wat van groepe in SA wat beweer dat hulle reeds 98% afgehandel het? Die gevolge van onkunde.

Vraag 6 - Wat is die rol van die VF Plus? Die rol van die VF Plus

Vraag 7 - Is internasionale regskenners belangrik en nodig? Internasionale regskenners.

---------------------------------------------

Cor noem hoe sy dogter Marieke haar "LLM graad verwerf het met Selfbeskikking as tema onder die opskrif "Contemporary issues in the law of external self-determination and secession beyond decolonisation and disilution".
Die graad het sy met lof verkry aan die Universiteit van Kent.
Om die Internsionale Regsbeginsels rakende Afrikaner-selfbeskikking beter te verstaan is dit raadsaam om te sien hoe sy in haar dessertasie tot die positiewe slotsom gekom het dat Afrikaners wel deeglik Eksterne Selfbeskikking kan verkry.
Laai hier af.

---------------------------------------------