Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg


Voorwoord
Welkom, ek is Jan Mastenbroek, of sommer net Oom Jan.

Die pragtige land op 'n skinkbord in 1994 oorhandig - is nie meer nie...
Die 17de beste ekonomie en die sterkste militêre mag in Afrika - het rommelstatus bereik...
Klein en medium Afrikaner-besighede speel bankrot - doelbewus met inperkings...
Ons lewens word gereguleer - 'n permit vir visvang, vir dit, vir dat, om ons in gehoorsaamheid te dwing....
Afrikaners en kultuurgenote word met rassistiese wetgewing uit die werkplek gehou - nog steeds na 27 jaar...
Daagliks word volksgenote vermoor, ons taal word vernietig, ons eietydse kultuur word bedreig...

Waarom sal ons voortgaan asof dit 'n tydelike euwel is wat eendag sal ophou... en aanhou onsself bedrieg?
Die tyd het aangebreek om ons eie gebied te verseker - vir ons kinders' toekoms en volksoorlewing!!
Het u geweet... dat daar al 'n gebied afgebaken is waar steeds 1.5 miljoen (50%) Afrikaners woon?
Dit was in ons geskiedenis Afrikanergrond en volgens Internasionale Regsbeginsels kan dit weer Afrikanergrond word!
Waar ons weer vry kan wees onder eie verkose Afrikaners in die regering - weer ons eie kultuur kan uitleef...

Cor Ehlers, Afrikaner in hart en siel, het al sedert 2011 die noodsaak van Afrikaner-Selfbeskikking ingesien.
Hy het homself gaan verdiep in ingewikkelde wette en Internasionale vereistes oor Afrikaner-Selfbeskikking.
Vandag is hy een van die voorstes in SA en Europa om meningvormers in te lig oor die haglike toestand van Afrikaners.
Sy boek "'n Heimat vir Afrikaners: die Tiende Provinsie" bevat nie net interessante geskiedkundige leesstof nie,
hy het die Grondwet en Internasionale Regsvereistes ontleed om 'n waarborg van sukses vir Afrikaner-Selfbeskikking te wees.

Die informasie op hierdie webwerf is eintlik bedoel as aptytwekker om die boek te lees.
En daar is die Google-kaart van die gebied, wat op sigself nie veel beteken sonder die kennis uit die boek,
want as u sou vra "waarom is die grens nie 'n reguitlyn?" - dan sal u die antwoord net in die boek vind...
Die grens-verfyning aan die kaart is nodig om te verseker dat die regte mense in die gebied ingesluit word ...
daarvoor is mense nodig in elke dorp wat as grensdorp aangedui word - ook vir plase daartussen!
Dit is maar net een ding wat aangepak moet word - daar is baie baie meer om te doen...
En dit kan nie gedoen word deur 'n paar manne en vroue... ons het jou nodig... en jy ook, mevrou...

So, hoe raak 'n mens betrokke by sulke dinge wat verby elke dag se lewe en sorge gaan?
Om ook jou deel te doen om oorlewing van jou kinders en volksgenote te verseker?
Begin om uself te oortuig van die HOE en WAAR oor Afrikaner-Selfbeskikking - die res sal volg...

Vriende, laat ons saamstaan, saam werk, saam bid en saam as volksgenote oorleef!

Met vriendelike groet,
Oom Jan.

Want "Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here, die Almagtige".