Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg

Inleiding

Die webblad is bedoel om kontak te bou met alle Afrikaners en ons kultuurgenote.
Daar is vandag 'n doelbewuste poging om Afrikaners uit die ekonomie te stoot deur virus-wetgewing wat bankrotskap tot gevolg het.
Saam met RA en BEE is hulle daarop uit om ons volk eintlik te vernietig. As ons Noord van ons kyk sien ons niks anders as totale armoede - en dit SAL ons voorland wees.
Die vraag ontstaan dan "Sien JY, wat nou hier lees, enige rede dat ons, as Afrikaners - saam met ons kultuurgenote wat meestal Engels praat - dit verder sal gaan toelaat?".
Want daar IS 'n oplossing!

Mag ek u voorstel aan my gas?
Cor Ehlers, voorsitter van OASE (Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikking Ekspedisie) en voorste navorser/ontleder van die SA-Grondwet en Internasionale Regsvereistes rakende Afrikaner-Selfbeskikking, het in November 2019 'n lesing gehou vir ASK en TLU SA onder die opskrif: "Selfbeskikking vir Afrikaners ooreenkomstig Art.235 van Suid Afrika se Grondwet binne die raamwerk van Internasionale Reg", wat ek hier oorgedra het.

Vir die van u wat 'n laptop of rekenaar gebruik, word sy Inleiding in hierdie linkerblok weergegee, terwyl die lesing self in die middelblok verskyn, en die advertensie oor sy boek en 'n serie video-opnames word in die regterblok gewys.

Vir die van u wat 'n selfoon gebruik sal die blokke ondermekaar uitkom - wat in die linkerblok op 'n laptop verskyn kom eerste, met die middelblok daarna en die regterblok as laaste. Die menu sal altyd bo bly "vashaak". Dit mag wees dat die videos nie op 'n selfoon sal deurkom nie.

"Goeiedag dames en here.
Baie dankie vir die geleentheid wat die ASK my bied om vandag ‘n bydrae te lewer tot ons mense se vryheidstryd, en in besonder ook dankie aan TLU SA dat hulle hierdie fasiliteit daarvoor beskikbaar stel.

Dit is nie my doel om hier namens enige organisasie of politieke party steun te werf.
Ek is die voorsitter van OASE (Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkings-ekspedisie),‘n geregistreerde maatskappy sonder enige winsmotief wat die afgelope bykans 10 jaar navorsing doen binne en buite Suid-Afrika en wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners propageer.

Ons navorsingsbevindinge is vervat in my onlangse publikasie "‘n Heimat vir Afrikaners – die Tiende Provinsie" en is verkrygbaar op amazon.com, of in PDF-formaat by cor@poplargrove.co.za

OASE tree op as ‘n drukgroep wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners nastreef ooreenkomstig Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet en binne die raamwerk van internasionale reg.

Ek doen ‘n beroep op almal vandag hier teenwoordig om nie die gespreksforum te sien as ‘n geleentheid vir kleinlike politiekery of moddergooiery wat betref die verlede of die hede nie. Ons standpunte oor die verlede en die hede wat politici betref word wel aangespreek in my boek waarin mense meer kan gaan nalees as hulle wil.

1. Menseregte.

Kortliks praat ons oor:
Menseregte skendings wat op Afrikaners en kultuurgenote toegepas word, en oor die Reg op Selfbeskikking. (dubbelklik die blou - lees direk die inset)
Selfbeskikking is 'n basiese mensereg, en ons noem die vlakke van Selfbeskikking - Persoonlike selfbeskikking, en hoe Afriforum en Solidariteit daarby inpas, ons noem Groepsoutonomie en vind dat Territoriale Selfbeskikking oor grondgebied met historiese bande die enigste oplossing vir Afrikaners bied.
Dan kyk ons wat die Suid Afrikaanse Grondwet sê, en om die blaaie nie te groot te maak om af te laai gaan ons oor na "die VF Akkoord" by die volgende besprekingsblad.

------------------------------------


Menseregte skending:
Sedert 1994 sorg die ANC daarvoor dat al nege provinsies se grense so getrek is dat swartes en bruines provinsiale-outonomie geniet, maar nie wittes nie.
Daarmee is Afrikaners polities ontmagtig, wat indruis teen die Internasionale Regsposisie van volke volgens Artikel 1 van die “International Covenant for Civil and Political Rights”.
Sedert 1994 het politieke ontmagtiging daartoe gelei dat die Afrikanervolk ernstige menseregteskendings ondergaan, nie slegs tov hul moedertaal nie, maar bloot op grond van hul velkleur. Dit bied sterk gronde vir die eis van territoriale selfbeskikking op grond van Internasionale Regsbeginsels.


SELFBESKIKKING:
Die Reg op Selfbeskikking het betrekking op menseregte, grondgebied en die eienskappe van state. Die beginsels van Selfbeskikking onderskei tussen “eksterne” en “interne” variante van Selfbeskikking.
Eksterne Selfbeskikking is waar 'n volk op grond van getalsmeerderheid binne in 'n geografiese gebied volle onafhanklikheid (soewereiniteit) geniet oor daardie grondgebied. Slegs as 'n ander soewereine staat 'n nuwe staat se onafhanklikheid erken sal die nuwe staat soewerein wees.
Interne Selfbeskikking verwys na die reg van 'n volk om verskillende vlakke van politieke vryheid of outonomie binne die eenheidstaat te geniet. (eie onderwys, kultuursake ens.)


Selfbeskikking is 'n basiese mensereg (VN):-
Die reg wat volke op selfbeskikking het is 'n wetlike reg wat lankal nie meer betwis word in terme van die Internasionale Reg nie. Dit word bevestig in Artikel 1 van die Handves van die Verenigde Nasies (Art 1,55).
Selfbeskikking vir volke het basies die hoogste reg in die hiërargie van Internasionale Reg geword, terwyl alle ander verpligtinge ondergeskik aan daardie norm geword het.

Tydens 'n konferensie in 2013 van UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation - volke buite die VN) in Brussel is verskeie vlakke van Selfbeskikking deur internasionale regsgeleerdes en politieke wetenskaplikes opgesom: “The right to self-determination was an integral element of basic human rights and fundamental freedoms, the Third Committee (Social, Humanitarian and Cultural) heard today as it concluded its general discussion on that subject, and on the elimination of racism, racial discrimination, xenophobia and related intolerance”. (lees hier meer ).


1. Persoonlike Selfbeskikking:...
Hierdie vlak van Selfbeskikking bied geen beskerming vir minderheidsvolke nie.
Dit is die soort selfbeskikking wat vergestalting kry in Suid Afrika onder die heersende Grondwet en waaronder alle burgers van die staat val - ongeag ras, etniese verwantskap, geslag (of geslagsoriëntasie), of geloof.
Die werk wat AfriForum as burgerregteorganisasie verrig namens Afrikaners en Afrikaanssprekendes ressorteer onder hierdie laagste vlak van selfbeskikking. Afgesien van die onvolhoubaarheid daarvan vir Afrikaners as gevolg van demografiese en verskeie ander faktore, bied hierdie vlak van selfbeskikking selde die nodige beskerming vir minderheidsvolke wat vasgevang sit in multikulturele nasiestate. Dit plaas minderheidsvolke, veral klein minderheidsvolke soos Afrikaners wat tussen miljoene andersdenkendes leef, nie in ’n posisie om op ‘n volhoubare manier hul eie sosiale, kulturele en ekonomiese strewes in groepsverband uit te leef nie, en veral nie om politieke beheer oor hul eie mense uit te oefen nie.

Daar is mense wat aanvoer dat Solidariteit Beweging en sy vertakkinge, soos AfriForum, soos ‘n besigheid met ‘n winsmotief bedryf word en dat die belange van Afrikaners nie die organisasie se hoofdoel is nie. Dit verklaar moontlik die organisasie se negatiewe houding teenoor territoriale selfbeskikking, behalwe dan wat betref die Orania-inisiatief waar senior bestuur van Solidariteit Beweging na bewering geld belê het.

Die transformasie wat Suid-Afrika se samelewing onder ANC-bewind ondergaan, het duidelik tot gevolg dat die wil van die swart meerderheid afgedwing word op almal in die land; dit geld ook vir transformasie in die howe. Hierdie transformasieproses gaan onverpoosd voort en regsaksies soos wat AfriForum namens Afrikaners loods om hul basiese menseregte binne die bepalings van Suid-Afrika se huidige grondwet te probeer handhaaf, is soos ’n druppel in die emmer.

Omdat die swart meerderheid se getalle deurslaggewend is in Suid-Afrika, beteken dit ook dat veranderinge aan die Grondwet wat ‘n tweederde meerderheid in die parlement vereis, nie moeilik is om te haal wanneer dit gaan oor swart bevoorregting nie; ‘n meerderheid is ‘n meerderheid – dit bly ‘n meerderheid.

John-Kane Berman van die Institute for Race Relations (IRR) vat die situasie goed raak as hy die volgende beweer ten aansien van die gevolge van transformasie op die ekonomie van die land:
"Therefore, while transformation forms part of the ANC’s proclaimed national democratic revolution, the idea enjoys wider support. It has few critics in the media, and few among business leaders. Even such criticisms as are voiced are prefaced with the declaration that “transformation is of course an imperative”, before going on to state that “we need to do a better job with implementation”. It is rare for business leaders to speak as frankly as did Steve Phiri, CEO of Royal Bafokeng Platinum, when he said last year with regard to the mining charter that “you cannot transform at the expense of the downfall of the economy of the country. But this is what is happening." lees hier


2. Groepsoutonomie:...
Dit is die soort selfbeskikking waar ’n spesifieke groep of groepe grondwetlike selfbeskikking geniet oor bepaalde sake soos onderwys, kultuur, ens. Suid-Afrika se Grondwet maak in ‘n beperkte mate hiervoor voorsiening.
Maar as gevolg van demografiese faktore en diepliggende verskille in kultuur en waardestelsel tussen Afrikaners en die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se bevolking, sal beperkte vorms van groepsoutonomie weinig verbetering bring aan Afrikaners se lot onder ’n swart meerderheidsregering.

In 2001 is wyle dr Christo Landman deur president Nelson Mandela aangestel om op die Tegniese Komitee te dien wat die Wet op die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe geskryf het. In Januarie 2004 het president Thabo Mbeki vir Landman aangestel as kommissaris op die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe. (lees hier meer)

In dr Landman se korrespondensie met OASE se bestuur roem hy hom op sy sewe nagraadse kwalifikasies; dit het helaas weinig bygedra tot ’n oplossing vir die ernstige dilemma waarin Afrikaners hulle bevind.
Adv. Jacques du Preez verwys in ‘n gepubliseerde artikel soos volg na die swak prestasie van gemelde Kommissie: Waarom het die Kommissie vir die Bevordering van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Linguistiese Gemeenskappe so min gedoen om sy grondwetlike mandaat uit te voer om respek vir die regte van kulturele, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe te bevorder? ((Du Preez 2014 - lees hier meer))

Artikel 235 van die Grondwet skep die geleentheid vir volwaardige selfbeskikking vir “taal- en kultuurgroepe”, maar dit gee nie vergestalting daaraan vir enige bepaalde volk nie. Enige wetgewing in hierdie verband sal vooraf met die wettig verkose regering van Suid-Afrika onderhandel moet word en deur die parlement goedgekeur moet word, soos wat regters van die Konstitusionele Hof (KH) dit uiteengesit het met die sertifisering van die betrokke artikel. Ons verwys in meer detail hierna later hieronder.

Onder beperkte groepsoutonomie sal Afrikaners uitgelewer bly aan die swart meerderheidsregering se makro-ekonomiese beleid en die land se hoë vlakke van misdaad – albei faktore waaronder Afrikaners geweldig ly. Soos die voormalige voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad (BAV), wyle Paul Kruger, dit taamlik kras gestel het: “Dit help nie jou kind kan na ’n Afrikaanse skool gaan, maar word op pad soontoe doodgeskiet nie.”


3. Territoriale Selfbeskikking:
David Ben-Goerion, die oprigter van die staat Israel, het gesê selfbeskikking sonder ’n territoriale basis is sinloos in elke betekenis van die woord.

Afrikaners as volk het in die verlede territoriale selfbeskikking geniet in die vorm van twee onafhanklike Boerepublieke, naamlik die ZAR en Oranje-Vrijstaat. Omdat hierdie Boererepublieke, wat al die grondgebied van die Vrystaat, Transvaal en Noord-Natal ingesluit het, se onafhanklikheid deur verskeie soewereine state van die wêreld erken is, het Afrikaners as volk soewereiniteit geniet oor die grondgebied. Dit is die hoogste vlak van selfbeskikking wat daar bestaan.

Meerderheidsbesetting in ’n gebied is nie ’n voorvereiste vir selfbeskikking in terme van internasionale reg nie, maar permanente besetting is wel ’n kriterium. Deur grondgebied af te baken waar Afrikaners al vir geslagte lank permanent gevestig is en waar hulle die sterkste aanspraak het binne die raamwerk van die internasionale reg, skep dit hoop vir Afrikaners op ’n volhoubare toekoms in Suid-Afrika.

As gevolg van die beginsel van demokratiese geregtigheid kan volke vandag nie vergestalting gee aan territoriale selfbeskikking nie, tensy hulle ’n meerderheid vorm binne ’n spesifieke territorium. Demokratiese geregtigheid sluit regte in soos gelyke stemreg vir alle burgers van die territorium (ongeag ras/geslag/geloof), beskerming van minderhede in ‘n grondwet, ‘n handves vir menesregte, ens.

Een van die grootste knelpunte in die debat rondom territoriale selfbeskikking is die argument dat Afrikaners nie aanspraak kan maak op hul eie grondgebied binne die RSA as ’n eenheidstaat nie, omdat hulle kwansuis nêrens die meerderheid besetters is nie. Die werklike rede hiervoor is egter dat Suid-Afrika se provinsies, metropole, munisipale grense en stemdistrikte op so ‘n manier afgebaken is dat Afrikaners nêrens ‘n meerderheid vorm nie. Hierdie situasie is onhoudbaar en veroorsaak dat Afrikaners nêrens in die land politieke beheer kan uitoefen oor hul eie mense nie.

Ongeveer 1.5 miljoen Afrikaners, d.w.s. nagenoeg 50% van Afrikaners in SuidAfrika, woon in ’n aaneenlopende stuk grondgebied wat op so ’n wyse afgebaken kan word dat hulle nou reeds ’n etniese meerderheid vorm binne die gebied, en waar hulle in die afsienbare toekoms onder sekere voorbehoude ’n volstrekte meerderheid kan vorm. Dit sluit in dele van die Vrystaat wat strek vanaf Bloemfontein noordwaarts tot in aangrensende dele van Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en die noordelike deel van KwaZulu-Natal tot aan die Indiese Oseaan.

Waarom sou so ’n gebied, waar nagenoeg 50% van alle Afrikaners in Suid-Afrika tans permanent gevestig is en waaroor hulle histories onafhanklikheid geniet het, nie as ’n tiende provinsie van die land begrens mag word nie? Dan sal Afrikaners daar selfbeskikking kan opeis en dit uiteindelik uitleef op grond van hul getalle (d.w.s. op grond van demokratiese geregtigheid), gegrond op Suid-Afrika se grondwet en die internasionale reg.

Die kanse dat Afrikaners binne die huidige grondwetlike bedeling groter politieke vryheid kry as wat tans geld vir Suid-Afrika se nege provinsies, soos in die geval van ’n deelstaat binne ’n federasie of ’n kanton binne ’n konfederasie, is onwaarskynlik. 'n Eis vir provinsiale outonomie gebaseer op die huidige grondwet sal deur die internasionale gemeenskap gesien word as billik en regverdig, mits die proses grondwetlik korrek verloop en aan internasionale regsvereistes voldoen. ‘n Halwe eier is darem beter as ‘n leë dop.

Die verandering van bestaande provinsiale grense vereis ’n tweederde meerderheid in die parlement kragtens die Grondwet.


Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
Ten spyte van al die goeie werk wat die destydse Volkstaatraad gedoen het, is daar oor die moontlike instelling van territoriale selfbeskikking vir Afrikaners in die finale Grondwet van 1996 niks te vinde nie, maar dit word ook nie verbied nie. Omdat dit vir Afrikaners nie ernstig oorweging geniet het by die daarstelling van die nuwe grondwet nie, is al daarop gewys dat goeie trou afwesig was in hierdie verband. Afrikaners se wetlike aanspraak op territoriale outonomie kan gelukkig nie weens hierdie versuim nadelig beïnvloed word nie.

Artikel 235 van die finale Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) maak wel voorsiening vir selfbeskikking alhoewel die inhoud daarvan beperk is, naamlik soos volg: The right of the South African people as a whole to self-determination, as manifested in this Constitution, does not preclude, within the framework of this right, recognition of the notion of self-determination of any community sharing a common cultural and language heritage, within a territorial entity in the Republic or in any other way, determined by national legislation.

Met die sertifisering van Artikel 235 het die Konstitusionele Hof se regters die volgende vasgestel – (ons beklemtoon die relevante dele by wyse van vetdruk en onderstreping):
Self-Determination
[215] It was contended that although Constitutional Principle (CP) XXXIV does not impose as clear an obligation on the Constitutional Assembly (CA) as do other CPs, it establishes an expectation about the creation of a Volkstaat among a significant number of Afrikaners which the New Text (NT) does not realise. The contention was that CP XXXIV has to be interpreted in the light of agreements and memoranda produced by the Freedom Front, the ANC and the then South African Government on the eve of the elections in April 1994. Yet, far from giving these expectations form, the NT has given nothing concrete in the form of self-determination, and has in fact made the achievement of such self-determination much harder in three respects. First, Parliament would have a discretion as to whether or not to permit a cultural community to exercise self-determination within a territorial entity. Second, in terms of Interim Constitution (IC) 184B(3), special arrangements exist to permit changes to provincial boundaries by a simple majority so as to create such an entity, whereas under the NT a constitutional amendment would be required (in order to change NT 103). Third, such entity would under the NT be subject to the Bill of Rights because NT 235 speaks of selfdetermination within the framework of the NT, whereas no such framework qualification exists in CP XXXIV.

[216] The argument is also based on a misunderstanding of the provisions of IC 184A. These provisions do not empower the Volkstaat Council or Parliament to establish a Volkstaat without amending the IC. The idea of a Volkstaat has to be pursued “constitutionally” through representations to the CA and the Commission on Provincial Government. IC 184B(3) deals only with boundary changes consequent upon the establishment of a Volkstaat. The other requirements, namely the creation of the Volkstaat and the definition of its powers and functions, can be achieved only through amendments to the IC or through adoption in the NT, which will require a two thirds majority in the NA and the Senate or in the CA. What IC 184B(3) allows is a reorganisation of boundaries consequent upon such a decision, without necessarily having the consent of the province or provinces affected thereby. The provision that national legislation should determine the matter simply provides the mechanism for giving legal form to any decision taken in accordance with the Constitution.

[217] A related contention was that the right to self-determination, including the right to secession, is internationally accepted as a right, and thus should not be subjected to the discretion of Parliament. Thus, if a dispute reached this Court, it should be decided according to objective criteria as determined by international law, and not by whether or not Parliament has passed the requisite legislation.

[218] In our view the terms of the NT do not sustain the argument that CP XXXIV has not been complied with. Our task is simply to test the terms of the NT against the CPs. Whatever subjective hopes any parties might have had as a result of the insertion of CP XXXIV, its language for present purposes is clear. Its basic thrust is that constitutional provision for the notion of the right to self-determination by any community sharing a common cultural and language heritage within a territorial entity shall not be precluded, notwithstanding the fact that South Africa shall be one sovereign state, as required by CP I. This is clearly a permissive rather than an obligatory provision. The only mandatory provision in the CP is that if a territorial entity has in fact been established in terms of the IC before the NT is adopted, then such entity must be entrenched in the NT. No such entity had in fact been established, so no obligatory entrenchment had to be made.

[219] It is not necessary for us to decide whether the NT is obliged to keep the idea of territorial self-determination alive. The fact is that the CA chose to do so in terms of NT 235, which ensures that the permissive door opened by the CP is kept ajar. It is obvious that any arrangements which could be made to establish a territorial entity and to define its boundaries will have to be negotiated with an existing government within the framework of the NT (including the permissive provision). This is contemplated by CP XXXIV.1 itself, which underlines the “recognition therein of the right of the South African people as a whole to selfdetermination” and says that the more limited right to self-determination of a particular community shall not be precluded “within the framework of the said right”. Moreover NT 74(1)(b)(ii) and (4) and 103(2), which deal with provincial boundaries and any changes that may be made to them, are specifically required by the provisions of CP XVIII.3 and CP XVIII.4. Finally, it is difficult to interpret CP XXXIV as permitting the denial of the fundamental human rights of any persons living in such an entity, let alone requiring the exclusion of the Bill of Rights. The provision that national legislation shall determine the matter simply provides the mechanism for giving legal form to any agreement that might be reached.

[220] The broader question has also been answered. This Court functions purely in terms of the IC. Proponents of a Volkstaat are free to campaign for political and constitutional changes which would result in the forms of selfdetermination which they consider appropriate being brought about and institutionalised. We are, however, bound in our present task by the limits of the 34 CPs, and by them alone. Apart from CP XXXIV, the only CP dealing with self-determination is CP XII, which requires certain collective rights of self-determination to be recognised and protected in the NT. This has been done in the Bill of Rights through NT 31, which protects cultural, religious and language communities. A submission by one of the objectors that the right is not protected because the provision is framed in negative and not positive terms is without substance.

[221] It was also contended that the language of CP XXXIV is wide enough to embrace not only forms of Afrikaner self-determination but self-determination of traditional authorities as well, thus avoiding any racial selectivity in the interpretation of the CP. We cannot accept that contention. In our view CP XXXIV is not intended to entrench the status of traditional authorities. Their role and status are expressly dealt with in CP XIII and CP XVII. Their continued existence under IC 181 and NT 212 is not entrenched but is subject to amendment and repeal. CP XXXIV cannot be relied upon to entrench the existence of traditional authorities.
Lees hier Certification of the Constitution 1996:61-3

Dit sal Afrikaners niks help om vas te steek by foute wat in die verlede gemaak is nie; as ons ooit eendag weer politieke vryheid wil geniet het ons geen keuse as om te ploeg met die osse tot ons beskikking nie. Wat verder van belang is vir Afrikaners wat territoriale selfbeskikking begeer, is Artikel 233 van die Grondwet, naamlik:
When interpreting any legislation, every court must prefer any reasonable interpretation of the legislation that is consistent with international law over any alternative interpretation that is inconsistent with international law.

Met die oog op vinniger aflaaityd gaan ons nou na 2. VF Akkoord

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie
deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Hier volg die video waar OASE bekend gestel word, asook 'n reeks video-gesprekke van Cor Ehlers.

OASE:- Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikkings-Ekspedisie.
Daar is hoop!
Bekendstelling van OASE.

"Wie is Cor Ehlers?".
Cor stel homself voor, en verduidelik die noodsaaklikheid om die Grondwet te eerbiedig, en Internasionale Regsbeginsels te volg.
Volg die youtube kanaal.

Vraag 1 - waar Selfbeskikking as 'n basiese mensereg bespreek word.
Wat is Selfbeskikking?

Vraag 2 - Kan enige iemand aanspraak maak op selfbeskikking?
Aanspraak op Selfbeskikking

Vraag 3 - Wat is die stappe ter voorbereiding van selfbeskikking, en wat is die pilare waarop voorbereiding rus?
Die pilare van voorbereiding.

Vraag 4 - Selfbeskikking het verskeie vorme. Wat is die verskil tussen interne en eksterne selfbeskikking?
Die vorme van Selfbeskikking.

Vraag 5 - Wat van groepe in SA wat beweer dat hulle reeds 98% afgehandel het?
Die gevolge van onkunde.

Vraag 6 - Wat is die rol van die VF Plus?
Die rol van die VF Plus

Vraag 7 - Is internasionale regskenners belangrik en nodig?
Internasionale regskenners.

---------------------------------------------

Cor noem hoe sy dogter Marieke haar "LLM in International Law with International Relations" graad verwerf het met Selfbeskikking as tema onder die opskrif "Contemporary issues in the law of external self-determination and secession beyond decolonisation and disilution".
Die graad het sy met lof verkry aan die Universiteit van Kent.
Om die Internsionale Regsbeginsels rakende Afrikaner-selfbeskikking beter te verstaan is dit raadsaam om te sien hoe sy in haar dessertasie tot die positiewe slotsom gekom het dat Afrikaners wel deeglik Eksterne Selfbeskikking kan verkry.
Laai hier af.

---------------------------------------------