Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg

Inleiding

Die webblad is bedoel om kontak te bou met alle Afrikaners en ons kultuurgenote.
Daar is vandag 'n doelbewuste poging om Afrikaners uit die ekonomie te stoot deur virus-wetgewing wat bankrotskap tot gevolg het.
Saam met RA en BEE is hulle daarop uit om ons volk eintlik te vernietig. As ons Noord van ons kyk sien ons niks anders as totale armoede - en dit SAL ons voorland wees.
Die vraag ontstaan dan "Sien JY, wat nou hier lees, enige rede dat ons, as Afrikaners - saam met ons kultuurgenote wat meestal Engels praat - dit verder sal gaan toelaat?".
Want daar IS 'n oplossing!

Mag ek u voorstel aan my gas?
Cor Ehlers, voorsitter van OASE (Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikking Ekspedisie) en voorste navorser/ontleder van die SA-Grondwet en Internasionale Regsvereistes rakende Afrikaner-Selfbeskikking, het in November 2019 'n lesing gehou vir ASK en TLU SA onder die opskrif: "Selfbeskikking vir Afrikaners ooreenkomstig Art.235 van Suid Afrika se Grondwet binne die raamwerk van Internasionale Reg", wat ek hier oorgedra het.

Vir die van u wat 'n laptop of rekenaar gebruik, word sy Inleiding in hierdie linkerblok weergegee, terwyl die lesing self in die middelblok verskyn, en die advertensie oor sy boek en 'n serie video-opnames word in die regterblok gewys.

Vir die van u wat 'n selfoon gebruik sal die blokke ondermekaar uitkom - wat in die linkerblok op 'n laptop verskyn kom eerste, met die middelblok daarna en die regterblok as laaste. Die menu sal altyd bo bly "vashaak". Dit mag wees dat die videos nie op 'n selfoon sal deurkom nie.

"Goeiedag dames en here.
Baie dankie vir die geleentheid wat die ASK my bied om vandag ‘n bydrae te lewer tot ons mense se vryheidstryd, en in besonder ook dankie aan TLU SA dat hulle hierdie fasiliteit daarvoor beskikbaar stel.

Dit is nie my doel om hier namens enige organisasie of politieke party steun te werf.
Ek is die voorsitter van OASE (Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkings-ekspedisie),‘n geregistreerde maatskappy sonder enige winsmotief wat die afgelope bykans 10 jaar navorsing doen binne en buite Suid-Afrika en wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners propageer.

Ons navorsingsbevindinge is vervat in my onlangse publikasie "‘n Heimat vir Afrikaners – die Tiende Provinsie" en is verkrygbaar op amazon.com, of in PDF-formaat by cor@poplargrove.co.za

OASE tree op as ‘n drukgroep wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners nastreef ooreenkomstig Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet en binne die raamwerk van internasionale reg.

Ek doen ‘n beroep op almal vandag hier teenwoordig om nie die gespreksforum te sien as ‘n geleentheid vir kleinlike politiekery of moddergooiery wat betref die verlede of die hede nie. Ons standpunte oor die verlede en die hede wat politici betref word wel aangespreek in my boek waarin mense meer kan gaan nalees as hulle wil.

2. VF Akkoord

Kortliks praat ons oor:
Die Akkoord tussen die VryheidsFront en die ANC as voorloper van Art.235.
Ons kyk na die Internasionale Regsposisie vir Selfbeskikking, en Internasionale Regsinstrumente soos die International Covenant on Civil and Political Rights en daarby ook na die African Charter on Human and Peoples Rights en van die VN kyk ons na die United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples alhoewel dit te betwyfel is of die VN Afrikaners sal sien as "inheems".
Ons noem Die definisie van 'n volk volgens UNESCO, en bespreek die Riglyne vir Gebiedsafbakening asook die Internasionale Regsgronde vir Afrikaner-grondgebied, en dan gesels ons kortliks oor die OASE model, die gebied wat OASE voorstel as 'n Afrikaner Heimat, en hoe die aanspraak bewys kan word dat dit geskiedkundig Afrikanergrond is, waarna ons na die volgende blad gaan.


Die Akkoord tussen die ANC en die Vryheidsfront (1994):
Daar word dikwels deur vryheidstrewendes verwys na die Akkoord wat tussen die Vryheidsfront en die ANc aanegaan is in die aanloop tot die verkiesing van April 1994.
In ’n ongetekende memorandum van ooreenkoms aangegaan op 21 Desember 1993 tussen die ANC en konserwatiewe Afrikaners ten gunste van selfbeskikking, staan die volgende geskryf: "In our considerations we have recognised various modes of selfdetermination. It may involve the negotiation of a territorial entity which may have various degrees of autonomy. This may be augmented by constitutional devices securing various degrees of autonomy over the specific affairs of that community at one or more levels of government."

Die sterkste verpligting tot implementering van territoriale selfbeskikking is te vinde in die tussentydse Grondwet 200 van 1993 wat die produk van onderhandelinge was tussen die voormalige (NP-) regering en die ANC.

Die tussentydse Grondwet is gewysig deur Wet 2 van 1994 wat voorsiening maak vir politieke ooreenkomste wat deur politieke partye gesluit is; volgens hierdie wysiging is dit duidelik dat dit die bedoeling van die wetgewer was om die gedagte van ’n Afrikanerbeheerde territorium te akkommodeer en dat die grense van die nuut ingestelde provinsies aangepas kon word vir sodanige akkommodasie.

Die instelling van territoriale selfbeskikking is egter nooit ernstig oorweeg deur die Grondwetlike Vergadering wat die nuwe grondwet van Suid-Afrika moes optrek ooreenkomstig die tussentydse Grondwet se bepalings nie.

Die krag van die Akkoord wat op 23 April 1994 tussen die ANC en die Vryheidsfront onderteken is, is daarin geleë dat dit ’n regsgeldige kontrak is wat in ’n hofsaak oor selfbeskikking vir Afrikaners kan dien as getuienis vir wat in die reg bekend staan as travaux préparatoires (letterlik: voorbereidende werksaamhede):"Travaux préparatoires is the name used to describe the documentary evidence of the negotiation, discussions, and drafting of a final treaty text. Travaux préparatoires is the most commonly used name for these types of documents, but they may sometimes also be referred to as negotiating history, drafting history or preparatory documents.

Die regters van ’n hof behoort dus die Akkoord te aanvaar as getuienis ter stawing van die bedoeling van Artikel 235 van die Grondwet vir sover dit Afrikaners raak. Op grond van bogenoemde moet ons nou gaan kyk na die internasionale regsposisie wat betref selfbeskikking vir volke.


Die Internasionale Regsposisie:
Die reg wat volke het op selfbeskikking is ’n wetlike reg wat lankal nie meer betwis word in terme van internasionale reg nie.

Dit word bevestig in Artikel 1 van die Handves van die Verenigde Nasies (artikel 1,55) en dit het inhoud verkry in Resolusie 1514 (XV) van 1960, "The Declaration on the Granting of Independence to Colonial Countries and Peoples" – asook in daaropvolgende resolusies van die VN se Algemene Vergadering, spesifiek die "Declaration on Principles of International Law Concerning Friendly relations and Cooperation among States in Accordance with the Charter of the United Nations of 1970" (Resolusie 2625 (XXV)).

Selfbeskikking word in die Internasionale Geregshof se uitspraak in die Wes-Saharasaak (1975 ICJ Reports 12, 31-3) erken as ’n norm vir internasionale reg binne die konteks van dekolonisasie; dit is bevestig buite die konteks van dekolonisasie deur die "International Covenant on Civil and Political Rights" (artikel 1(1)) en dit word erken as ’n wetlike reg deur baie regsgeleerdes.

Selfbeskikking vir volke word in internasionale reg aanvaar as ’n basiese mensereg en dit geniet lankal ius cogens-krag. Dit beteken dat selfbeskikking vir volke basies die hoogste reg is in die hiërargie van internasionale reg, en dat alle ander verpligtinge en regte ondergeskik is aan die ius cogens-norm.

In die Oos-Timorsaak het die Internasionale Geregshof in 1995 aanvaar dat selfbeskikking spesiale status geniet as “one of the essential principles of contemporary international law” en dit erga omnes-afdwingbaarheid geniet (128 ICJ reports 90 at 102).

Erga omnes beteken dat selfbeskikking vir volke ’n verpligting plaas op alle state. In die internasionale reg ontstaan sulke verpligtinge byvoorbeeld deur die verbod op dade van aggressie, volksmoord (“genocide”) asook deur die beginsels en reëls wat geld ten opsigte van die basiese regte van elke mens, insluitend beskerming teen slawerny en rassediskriminasie.

Waar volke blootgestel is aan ernstige en voortdurende menseregteskendings, ontstaan die reg op regstellende afskeiding (“remedial secession”) van grondgebied met die oog op volle onafhanklikheid; ons bespreek dit later hieronder.


Volke se aanspraak op selfbeskikking berus op verskeie internasionale regsinstrumente waarvan o.a. die volgende vir Afrikaners van belang is:
International Covenant on Civil and Political Rights
PART I
Article 1.1 "All peoples have the right of self-determination. By virtue of that right they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development.
1.2 All peoples may, for their own ends, freely dispose of their natural wealth and resources without prejudice to any obligations arising out of international economic co-operation, based upon the principle of mutual benefit, and international law. In no case may a people be deprived of its own means of subsistence.
1.3 The States Parties to the present Covenant, including those having responsibility for the administration of Non-Self-Governing and Trust Territories, shall promote the realization of the right of self-determination, and shall respect that right, in conformity with the provisions of the Charter of the United Nations."


PART II
Article 2.1 "Each State Party to the present Covenant undertakes to respect and to ensure to all individuals within its territory and subject to its jurisdiction the rights recognized in the present Covenant, without distinction of any kind, such as race, colour, sex, language, religion, political or other opinion, national or social origin, property, birth or other status.
2.2 Where not already provided for by existing legislative or other measures, each State Party to the present Covenant undertakes to take the necessary steps, in accordance with its constitutional processes and with the provisions of the present Covenant, to adopt such legislative or other measures as may be necessary to give effect to the rights recognized in the present Covenant.
2.3 Each State Party to the present Covenant undertakes:
(a) To ensure that any person whose rights or freedoms as herein recognized are violated shall have an effective remedy, notwithstanding that the violation has been committed by persons acting in an official capacity;
(b) To ensure that any person claiming such a remedy shall have his right thereto determined by competent judicial, administrative or legislative authorities, or by any other competent authority provided for by the legal system of the State, and to develop the possibilities of judicial remedy;
(c) To ensure that the competent authorities shall enforce such remedies when granted"

u kan dit hier naslaan


African Charter on Human and Political Rights
Article 20.1 "All peoples shall have the right to existence. They shall have the unquestionable and inalienable right to self-determination. They shall freely determine their political status and shall pursue their economic and social development according to the policy they have freely chosen.
20.2 Colonized or oppressed peoples shall have the right to free themselves from the bonds of domination by resorting to any means recognized by the international community.
20.3 All peoples shall have the right to the assistance of the States parties to the present Charter in their liberation struggle against foreign domination, be it political, economic or cultural."

Article 21.1 "All peoples shall freely dispose of their wealth and natural resources. This right shall be exercised in the exclusive interest of the people. In no case shall a people be deprived of it.
21.2 In case of spoliation the dispossessed people shall have the right to the lawful recovery of its property as well as to an adequate compensation.
21.3 The free disposal of wealth and natural resources shall be exercised without prejudice to the obligation of promoting international economic cooperation based on mutual respect, equitable exchange and the principles of international law.
21.4 States parties to the present Charter shall individually and collectively exercise the right to free disposal of their wealth and natural resources with a view to strengthening African unity and solidarity.
21.5 States parties to the present Charter shall undertake to eliminate all forms of foreign economic exploitation particularly that practiced by international monopolies so as to enable their peoples to fully benefit from the advantages derived from their national resources."

Article 22.1 "All peoples shall have the right to their economic, social and cultural development with due regard to their freedom and identity and in the equal enjoyment of the common heritage of mankind.
22.2 States shall have the duty, individually or collectively, to ensure the exercise of the right to development."

u kan dit hier naslaan
Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van sowel bogenoemde VN-verdrag as van die African Charter.


United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples
Ongeag oudpresident Zuma se uitlatings oor Afrikaners se inheemsheid waar hy Afrikaners beskryf as “the only white tribe of Africa”, is dit ’n ope vraag of ‘n hof Afrikaners sal beskou as inheems aan Suid-Afrika. Artikel 8 van die VN se Deklarasie vir die Regte van Inheemse Volke lees soos volg:
1. Indigenous peoples and individuals have the right not to be subjected to forced assimilation or destruction of their culture.
2. States shall provide effective mechanisms for prevention of, and redress for:
(a) Any action which has the aim or effect of depriving them of their integrity as distinct peoples, or of their cultural values or ethnic identities;
(b) Any action which has the aim or effect of dispossessing them of their lands, territories or resources;
(c) Any form of forced population transfer which has the aim or effect of violating or undermining any of their rights;
(d) Any form of forced assimilation or integration;
(e) Any form of propaganda designed to promote or incite racial or ethnic discrimination directed against them.”


Suid-Afrika het in 2007 in die VN ten gunste van bogenoemde Deklarasie gestem wat die regte van inheemse volke onderskryf, insluitend die reg op selfbeskikking - Artikel 3 en 4 u kan dit hier naslaan


Die definisie van 'n Volk
Die woord “peoples” in bogemelde internasionale regsinstrumente word in Germaanse tale, soos Afrikaans, vertaal met die woord “volke”. UNESCO het ‘n diepgaande studie gedoen oor wat presies bedoel word met “peoples” en in kort kom dit daarop neer dat ‘n volk 'n groep mense is met ‘n duidelik herkenbare kulturele identiteit.

Volgens historici en antropoloë het Afrikaners op Afrikabodem teen die tweede helfte van die 1700’s uitgegroei tot ‘n volwaardige volk, alhoewel ons hoofsaaklik afstam van Nederlanders, Duitsers en Franse – d.w.s. verskillende Europese volke. Benewens Europese gene het Afrikaners as volk oor die algemeen ook nagenoeg 6-7% nie-Europese gene.

Om na te slaan:
(Giliomee H. The Afrikaners: Biography of a People - Reconsiderations in Southern African History. Kaapstad. Tafelberg Uitgewers; 2003).
(Heese HF. Groep sonder grense. Pretoria: Protea Boekhuis; 2005).
Lees op die www: The Non-European Ancestry Of Afrikaners


Riglyne vir Gebiedsafbakening:
‘n Volk wat grondgebied vir selfbeskikking opeis moet kan aantoon dat die lede van so ‘n volk ‘n sterk historiese verbintenis het met die betrokke grondgebied, en dat hulle vandag nog die permanente besetters van die gebied is.

Volgens Statistiek SA woon minder as 30% van alle wit Afrikaanssprekendes suid van die Oranjerivier en dus verspreid in die drie Kaapse provinsies, waarvan die meeste in die Wes-Kaap. Solidariteit Beweging meld in ‘n onlangse verslag van hul Navorsingsinstituut (SNI) dat slegs een uit vyf Afrikaners in die Wes-Kaap woon.

Meer as 70% (ongeveer 2 miljoen) Afrikaners woon noord van die Oranjerivier, hoofsaaklik noord van die Vaalrivier en in dele van Noord-Natal. Dit is daarom onwaarskynlik dat Afrikaners as volk ooit territoriale selfbeskikking iewers in die Kaap kry waar hulle dit in die praktyk sal kan uitleef, gegee die beginsel van demokratiese geregtigheid waarna ek weer later verwys.

’n Algemene riglyn vir die afbakening van grondgebied vir selfbeskikking is dat daar ’n korrelasie behoort te wees tussen i) die grondoppervlakte wat opgeëis word as persentasie van die eenheidstaat se totale landoppervlakte, en ii) die bevolkingsgetalle van die afgebakende gebied as persentasie van die eenheidstaat se totale bevolking.

Gegee die sensitiwiteit van die grondkwessie sal Afrikaners moeilik grondgebied vir selfbeskikking kan opeis wat in oppervlakte as ‘n persentasie van Suid-Afrika se totale landoppervlakte groter is as die gebied se bevolking uitgedruk as persentasie van die land se totale bevolking.
Die internasionale gemeenskap verwag dat die grondgebied wat vir selfbeskikking opgeëis word, die minimum ontwrigting meebring sou territoriale selfbeskikking realiseer.

Basiese menseregte vir almal wat in die afgebakende grondgebied woon en die regte van minderhede moet duidelik beskerming geniet; dit moet in ‘n (provinsiale) grondwet vervat wees, en dit moet voldoen aan Suid-Afrika se Handves vir Menseregte.

OASE het by wyse van ‘n komplekse proses van eliminasie grondgebied geïdentifiseer waar Afrikaners, gebaseer op al bogenoemde en ander internasionale regsbeginsels asook riglyne van die internasionale gemeenskap, waarskynlik die beste kans staan op territoriale selfbeskikking.

Dit is ook belangrik om kennis te neem van die maniere waarop volke in hul geskiedenis grondgebied bekom het om selfbeskikking kragtens internasionale reg te kan uitoefen. Daar is boeke vol geskryf oor territoriale selfbeskikking en onafhanklikheid oor grondgebied; ons beveel aan dat die volgende twee boeke bestudeer word vir meer inligting rakende grondgebied:
Dugard, J. 2012. International Law: A South African Perspective – hoofstuk 8.
Johanson, M.C. 2004. Self-Determination and Borders: The Obligation to Show Consideration for the Interests of Others

Om ‘n beter begrip te toon vir die grondgebied wat OASE afgebaken het, stel ons voor dat hoofstuk 6 van my boek ‘n Afrikanerheimat – die tiende provinsie gelees word. Deur net na ‘n kaart van die voorgestelde gebied te kyk, beteken nie veel nie, want sonder kennis van en insig in die internasionale regsposisie maak die kaart weinig sin.


Internasionale Regsgronde vir Afrikaners se aanspraak op grondgebied:
* Grondgebied wettiglik verower van Mzilikazi en sy Matabeles;
* Grondgebied kragtens wettige sessie van swart stamme/volke (met voorbehoude);
* Grondgebied waaroor Afrikaners in die verlede soewereiniteit geniet het ;
* Grondgebied waar Afrikaners vandag gekonsentreerd bly as etniese meerderheid;
* Let wel:Volke het sterker aanspraak op Territoriale Selfbeskikking oor grondgebied waar in hul geskiedenis Soewereiniteit (d.i. Internasionale erkenning) geniet was.(Bls 87).

Met die oog op vinniger aflaaityd gaan ons nou na 3. Sesessie

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie
deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Hier volg die video waar OASE bekend gestel word, asook 'n reeks video-gesprekke van Cor Ehlers.

OASE:- Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikkings-Ekspedisie.
Daar is hoop!
Bekendstelling van OASE.

Wie is Cor Ehlers? Cor stel homself voor, en verduidelik die noodsaaklikheid om die Grondwet te eerbiedig, en Internasionale Regsbeginsels te volg.
Volg die youtube kanaal.

Vraag 1 - waar Selfbeskikking as 'n basiese mensereg bespreek word. Wat is Selfbeskikking?

Vraag 2 - Kan enige iemand aanspraak maak op selfbeskikking? Aanspraak op Selfbeskikking

Vraag 3 - Wat is die stappe ter voorbereiding van selfbeskikking, en wat is die pilare waarop voorbereiding rus? Die pilare van voorbereiding.

Vraag 4 - Selfbeskikking het verskeie vorme. Wat is die verskil tussen interne en eksterne selfbeskikking? Die vorme van Selfbeskikking.

Vraag 5 - Wat van groepe in SA wat beweer dat hulle reeds 98% afgehandel het? Die gevolge van onkunde.

Vraag 6 - Wat is die rol van die VF Plus? Die rol van die VF Plus

Vraag 7 - Is internasionale regskenners belangrik en nodig? Internasionale regskenners.

---------------------------------------------

Cor noem hoe sy dogter Marieke haar "LLM in International Law with Innternational Relations" graad verwerf het met Selfbeskikking as tema onder die opskrif "Contemporary issues in the law of external self-determination and secession beyond decolonisation and disilution".
Die graad het sy met lof verkry aan die Universiteit van Kent.
Om die Internsionale Regsbeginsels rakende Afrikaner-selfbeskikking beter te verstaan is dit raadsaam om te sien hoe sy in haar dessertasie tot die positiewe slotsom gekom het dat Afrikaners wel deeglik Eksterne Selfbeskikking kan verkry.
Laai hier af.

---------------------------------------------