Die webblad is bedoel om kontak te bou met alle Afrikaners en ons kultuurgenote.
Daar is vandag 'n doelbewuste poging om Afrikaners uit die ekonomie te stoot deur virus-wetgewing wat bankrotskap tot
gevolg het.
Saam met RA en BEE is hulle daarop uit om ons volk eintlik te vernietig. As ons Noord van ons kyk sien ons niks anders as totale armoede - en dit SAL ons voorland wees.
Die vraag ontstaan dan "Sien JY, wat nou hier lees, enige rede dat ons, as Afrikaners - saam met ons kultuurgenote wat meestal Engels praat - dit verder sal gaan toelaat?".
Want daar IS 'n oplossing!
Mag ek u voorstel aan my gas?
Cor Ehlers, voorsitter van OASE (Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikking Ekspedisie) en voorste navorser/ontleder van die SA-Grondwet en Internasionale Regsvereistes rakende Afrikaner-Selfbeskikking, het in November 2019 'n lesing gehou vir ASK en TLU SA onder die opskrif: "Selfbeskikking vir Afrikaners ooreenkomstig Art.235 van Suid Afrika se Grondwet binne die raamwerk van Internasionale Reg", wat ek hier oorgedra het.
Vir die van u wat 'n laptop of rekenaar gebruik, word sy Inleiding in hierdie linkerblok weergegee, terwyl die lesing self in die middelblok verskyn, en die advertensie oor sy boek en 'n serie video-opnames word in die regterblok gewys.
Vir die van u wat 'n selfoon gebruik sal die blokke ondermekaar uitkom - wat in die linkerblok op 'n laptop verskyn kom eerste, met die middelblok daarna en die regterblok as laaste. Die menu sal altyd bo bly "vashaak". Dit mag wees dat die videos nie op 'n selfoon sal deurkom nie.
"Goeiedag dames en here.
Baie dankie vir die geleentheid wat die ASK my bied om vandag ‘n bydrae te lewer tot ons mense se vryheidstryd, en in besonder ook dankie aan TLU SA dat hulle hierdie fasiliteit daarvoor beskikbaar stel.
Dit is nie my doel om hier namens enige organisasie of politieke party steun te werf.
Ek is die voorsitter van OASE (Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkings-ekspedisie),‘n geregistreerde maatskappy sonder enige winsmotief wat die afgelope bykans 10 jaar navorsing doen binne en buite Suid-Afrika en wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners propageer.
Ons navorsingsbevindinge is vervat in my onlangse publikasie "‘n Heimat vir Afrikaners – die Tiende Provinsie" en is verkrygbaar op amazon.com, of in PDF-formaat by cor@poplargrove.co.za
OASE tree op as ‘n drukgroep wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners nastreef ooreenkomstig Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet en binne die raamwerk van internasionale reg.
Ek doen ‘n beroep op almal vandag hier teenwoordig om nie die gespreksforum te sien as ‘n geleentheid vir kleinlike politiekery of moddergooiery wat betref die verlede of die hede nie. Ons standpunte oor die verlede en die hede wat politici betref word wel aangespreek in my boek waarin mense meer kan gaan nalees as hulle wil.
Kortliks praat ons oor:
Ons stel vas dat volle Onafhanklikheid 'n proses is wat gevolg moet word en wat meer vereis as net dit wat hier opgesom word. 'n Vorm van territoriale selfbeskikking is Interne selfbeskikkng.
Ons kyk na belangrikste regeringfunksies buite beheer van Interne territoriale Selfbeskikking soos byv. in 'n 10de Provinsie, en hoe dit Afrikaners raak: Grensbeheer en immigrasiebeleid;- Weermag en nasionale polisie; - Makro-ekonomiese beleid; en Buitelandse beleid.
Daar is vier kreteria vir die totstandkoming van 'n nuwe staat: 'n Permanente bevolking; - 'n Afgebakende gebied; - 'n Regering; - Die vermoë om ooreenkonste te sluit'; en Demokratiese Geregtigheid.
Om die blaaie makliker af te laai gaan ons dan oor na die volgende blad "Regsgeleerdes" waar ons verskeie Regsgeleerdes se opinies bespreek.
Sesessie en Onafhanklikheid
Die proses wat vir volle onafhanklikheid gevolg moet word vereis meer as net dit wat hier opgesom word.
Vir ’n beter begrip van volke se reg op eksterne selfbeskikking in vandag se wêreld verwys ons lesers na die volgende gerespekteerde akademiese bronne wat elk darem nie so dik soos ‘n regshandboek is nie.
1. Ehlers, M. 2012. Contemporary issues in the law of external selfdetermination and secession beyond decolonisation and dissolution. Unpublished LLM dissertation, University of Kent.
(Verhandelling van Dr Roos (nee Ehlers))
'
2. Sterio, M. 2018. Self-Determination and Secession Under International Law: The Cases of Kurdistan and Catalonia. American Society of International Law Volume:22 Issue 1.
Verhandeling van M.Sterio
3. Vezbergaité, I. 2011. Remedial secession as an exercise of the right to selfdetermination of peoples. Unpublished LLM dissertation, Central European University.
Verhandeling Vesbergaite
Onafhanklikheid is die status van ’n volk, nasie, land of staat waarin die bewoners en bevolking, of ’n deel daarvan, selfregering uitoefen, en gewoonlik soewereiniteit besit oor grondgebied. Die teenoorgestelde van onafhanklikheid is die status van afhanklike grondgebied.
Soewereiniteit behels die volle reg en mag van ’n regering oor grondgebied sonder inmenging van buite. In teoretiese politieke terme is soewereiniteit ’n substantiewe term wat uiterste gesag verleen aan ’n politieke mag.
Soos eerder verduidelik geniet ‘n nuwe staat nie soewereiniteit as die onafhanklikheid daarvan nie deur ander state erken word nie. In die praktyk beteken dit dat ander state nie die totstandkoming van ‘n nuwe staat se onafhanklikheid erken tensy dit voldoen aan ‘n komplekse stel internasionale regsbeginsels en riglyne van die internasionale gemeenskap nie.
Die Engelse, Skotte, Iere en Walliesers geniet uitgebreide territoriale outonomie (interne selfbeskikking) in die Verenigde Koninkryk; so ook die Franssprekende Walloniërs, Nederlandssprekende Vlaminge en, tot ’n mindere mate, Duitssprekende Oos-Belge in België. Daar is nog talle sulke voorbeelde in die wêreld.
Die meeste volke waarna hierbo verwys is, streef egter na volle onafhanklikheid (eksterne selfbeskikking), selfs al deel hulle in dieselfde kultuur, waardes en norme van die meeste burgers van hul onderskeie eenheidstate. Die rede waarom sulke minderheidsvolke volle onafhanklikheid met gevolglike soewereiniteit nastreef, is sodat hulle beheer kan uitoefen oor alle regeringsfunksies wat hul mense raak.
Teenoor die volke hierbo genoem staar Afrikaners as ’n klein minderheidsvolk met hul Westerse kultuur en waardestelsel werklik ’n bedreiging in die gesig tussen miljoene mense in Suid-Afrika wat Afrikakulture en -waardestelsels aankleef. Gaan kyk ’n mens na die ernstige gevolge wat die demokratisering van Suid-Afrika vir Afrikaners meegebring het, sal hulle op die langduur moeilik oorleef as ’n Westerse volk waar hulle nie politieke beheer uitoefen oor alle regeringsfunksies nie.
Interne (territoriale) Selfbeskikking.
Van alle vorms van interne selfbeskikking geniet die onderskeie kantons in die Switserse konfederasie waarskynlik die meeste outonomie binne ’n nasiestaat. Selfs hierdie kantons het geen of weinig beheer oor die regeringsfunksies wat hierna opgesom word, want dit word deur die federale regering van Switserland (as eenheidstaat) bestuur:
lees hier om na te slaan
Grensbeheer en immigrasiebeleid
Die oningeperkte bewegingsvryheid van al die burgers van ’n staat binne daardie staat word beskou as ’n basiese mensereg. Sonder eksterne selfbeskikking, d.w.s. volle onafhanklikheid oor ’n grondgebied, mag plaaslike of provinsiale owerhede nie beheer uitoefen oor byvoorbeeld die grense van provinsies of deelstate nie.
Die inperking van swart burgers se bewegingsvryheid in die ou Suid-Afrika was een van die grootste euwels van apartheid.
Ten spyte van hul uitgebreide magte het Switserse kantons en deelstate van lande hierbo genoem geen besluitnemingsmagte wat betref die vrye beweging van burgers binne die grense van hul onderskeie nasiestate nie; so byvoorbeeld mag enige Switser van enige kanton hom of haar vrylik gaan vestig of gaan werk in ’n kanton van sy of haar keuse.
Selfs al sou Afrikaners territoriale selfbeskikking in ’n tiende provinsie of in die vorm van ’n deelstaat binne ’n federasie of konfederasie kry, sal alle burgers van SuidAfrika steeds die reg hê om in die Afrikanerbeheerde territorium te gaan werk en hulle daar te gaan vestig. Afrikaners sal ook nie beheer kan uitoefen oor Suid-Afrika se immigrasiebeleid nie.
Die kanse dat Afrikaners onder bogenoemde omstandighede op die langduur hul getalsmeerderheid sal kan handhaaf in ’n gebied waar hulle interne selfbeskikking geniet, is nie baie goed nie; daar is egter maniere om ‘n getalsmeerderheid in stand te probeer hou, mits sulke stappe duidelik omskryf is in ‘n grondwet en in die praktyk toegepas word.
Weermag en nasionale polisie
Slegs onafhanklike state mag ’n eie weermag en nasionale polisiemag onderhou – ook wat betref grensbeheer van die eenheidstaat.
Die hoë vlakke van misdaad waaraan Afrikaners blootgestel is onder ’n swart meerderheidsregering sal waarskynlik voortduur totdat Afrikaners eendag volle onafhanklikheid oor grondgebied kry waar hulle self beheer mag uitoefen oor ’n eie weermag en nasionale polisiemag. Beheer oor provinsiale polisie en doeltreffende gemeenskapspolisiëring in ’n tiende provinsie waar Afrikaners in die meerderheid is behoort misdaad wel tot ‘n mate te bekamp.
Makro-ekonomiese beleid
Die makro-ekonomiese beleid van nasiestate berus by die sentrale owerheid van die staat. Afrikaners verkies kapitalisme met ’n vryemarkstelsel en respek vir privaat besit bo ’n kommunistiese bestel of bo swartes se tradisionele kommunale vorm van grondgebruik.
Selfs al geniet Afrikaners interne selfbeskikking binne Suid-Afrika as ’n eenheidstaat, sal ’n swart meerderheidsregering steeds besluite neem oor die land se makro-ekonomiese beleid, insluitend aangeleenthede soos die nasionalisering van privaat eiendom, tensy privaat besit verskans word in ‘n territoriale grondwet waar Afrikaners selfregering geniet of by wyse van ’n moratorium.
Buitelandse beleid en die aangaan van ooreenkomste met soewereine state.
Slegs onafhanklike state kan ooreenkomste en verdrae sluit met ander soewereine state. Dit beteken dat Afrikaners slegs met volle onafhanklikheid oor grondgebied (eksterne selfbeskikking) bondgenootskappe met lande van hul keuse sal kan aangaan en onderhou.
Tensy Afrikaners volle onafhanklikheid oor grondgebied geniet, kan hulle nie regtig staatmaak op tasbare internasionale hulp terwyl hulle as ’n minderheidsvolk vasgevang sit in Suid-Afrika waar hulle uitgelewer is aan ernstige menseregtevergrype nie. Die VN beskik selde oor die nodige afdwingingsmagte om doeltreffend te kan optree teen regerings van state waarin minderhede blootgestel is aan sulke menseregtevergrype. Die enigste doeltreffende maatreël is gewoonlik sanksies wat deur soewereine state teoegpas word teen die oortredende staat se regering.
’n Onafhanklike staat waar Afrikaners in politieke beheer is, kan selfstandig ooreenkomste met ander state aangaan vir handelsdoeleindes en vir die ontwikkeling en beveiliging van die staat en sy mense; interne selfbeskikking bied nie sulke waarborge nie.
Territoriale (eksterne) Selfbeskikking en Sesessie
Dit is die diepliggende verskille in kultuur, waardes en norme wat aan Afrikaners met hul eiesoortige kulturele identiteit op grond van internasionale regsbeginsels aanspraak bied op territoriale selfbeskikking, en onder bepaalde omstandighede selfs op onafhanklikheid. Geen groep kan selfbeskikking kry op grond van ras of velkleur nie.
Sou vreedsame onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse regering uitloop op ’n dooiepunt en alle interne remedies vir die bereiking van ’n skikking uitgeput raak, ontstaan die moontlikheid vir regstellende afskeiding (“remedial secession”) van duidelik afgebakende grondgebied deur middel van ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring. Kosovo en Suid-Soedan is voorbeelde van state wat die afgelope dekade by wyse van regstellende afskeiding tot stand gekom het.
Dieselfde geld indien Afrikaners interne selfbeskikking geniet ('n Tiende Provinsie), maar hulle die slagoffers bly van voortgesette menseregtevergrype binne die nasiestaat waarvan hulle tans deel is; dan kan hulle ook die weg inslaan van regstellende afskeiding.
Dit is sinloos om selfbeskikking na te streef wat nie uit die staanspoor gemik is op volle onafhanklikheid met internasionale erkenning nie. In aansluiting hierby is dit belangrik om kennis te neem van die vier kriteria vir die totstandkoming van ’n nuwe staat – soos vasgelê in die Konvensie van Montevideo van 1933:
"The state as a person of international law should posess the following qualifications: (a) a permanent population; (b) a defined territory; (c) government; and (d) capacity to enter into relations with other states."
lees hier vir navorsing
Geen staat het sedert 1933 tot stand gekom sonder dat dit aan al bogemelde kriteria voldoen het nie. Ná 1945 het daar ’n vyfde kriterium in die internasionale reg bygekom waarsonder ook geen staat sedertdien tot stand gekom het nie, naamlik die beginsel van demokratiese geregtigheid.
Ter wille van volledigheid bespreek ons al die bogemelde kriteria meer breedvoerig:
i) ’n Permanente bevolking
Daar is geen minimum getal vir die inwoners van grondgebied om as ’n onafhanklike staat tot stand te kom nie. Daar is vandag meer as 50 state wat elk minder as 1 miljoen inwoners het; sulke mikrostate word ook deur die VN beskou as volwaardige lidstate (Duursma 1996).
ii) ’n Afgebakende gebied
Finale grense is nie ’n voorvereiste vir ’n nuwe staat om tot stand te kom nie; Israel geniet byvoorbeeld lankal soewereiniteit terwyl die grense oor ’n tydperk van meer as 50 jaar nie gefinaliseer is nie. Die grondgebied moet egter ’n stabiele gemeenskap hê waaroor die regering beheer uitoefen en relatief duidelik afgebaken wees (Lauterpacht 1947).
iii) ’n Regering
Die nuwe staat moet ’n regering hê wat doeltreffende beheer uitoefen oor die staat teen die tyd wat onafhanklikheid uitgeroep word, alhoewel die Badinter-kommissie met die ontbinding van Joegoslawië dit nie as ’n absolute vereiste gestel het nie (Yugoslav Arbritration Commission, Opinion No 1, 92).
iv) Die vermoë om met ander state ooreenkomste te kan sluit.
Hierdie kriterium is die gevolg van onafhanklikheid; solank as wat ’n entiteit ondergeskik is aan die gesag van ’n ander staat wat buitelandse verhoudinge betref, voldoen dit nie aan hierdie kriterium nie.
Somaliland dien as ’n voorbeeld wat aandui dat erkenning nie slegs ’n kwessie van internasionale reg is nie, maar ook van internasionale verhoudings. Somaliland het in 1991 onafhanklikheid uitgeroep nadat 97% van die kiesers ’n voorlopige grondwet vir onafhanklikheid gesteun het. Somaliland is ’n voorbeeld van demokrasie en het in 2003 vir die eerste keer munisipale en presidentsverkiesings gehou. Die VN se Vlugtelinge Agentskap het in ’n verslag erken dat die sentrale gesag van Somaliland effektiewe beheer uitoefen oor die land. Somaliland handhaaf internasionale verhoudings met Ethiopië, die VSA en die VK, maar desnieteenstaande word die land se onafhanklikheid deur geen enkele staat van die wêreld erken nie. Dit is ten spyte van die feit dat Somaliland ’n redelik stabiele en demokratiese land is wat aan al die kriteria van die Konvensie van Montevideo voldoen vir die totstandkoming van ’n nuwe staat (Farley 2010).
v) Demokratiese geregtigheid
Hierdie kriterium sluit faktore in soos algemene stemreg vir alle burgers van die staat; grondwetlike beskerming van minderhede; ’n handves van menseregte; ensovoorts.
Rassediskriminasie en dade wat op apartheid neerkom, asook oortredings van ius cogens-norme verplig gewoonlik state om nie ’n nuwe staat se onafhanklikheid te erken nie. Dugard verwys na die kriterium vir die handhawing van menseregte as “a double standard for ethical behaviour”, aangesien skuldige state nie soewereiniteit kan verkry nie omdat hulle menseregte verontagsaam, terwyl state wat reeds soewereiniteit geniet dit nie op dieselfde gronde kan verloor nie (Dugard 1987).
Volke in ’n eenheidstaat verkry normaalweg nie die reg op eksterne selfbeskikking oftewel die reg van afskeiding (sesessie) nie. Volke het wel die reg op interne selfbeskikking – dit is die reg om hul eie politieke status te kies en om vrylik hul sosiale, kulturele en ekonomiese strewes uit te leef binne die eenheidstaat waarvan hulle deel is en in beginsel ook te kan deelneem aan die regering van die staat.
Die Kanadese Hooggeregshof het egter in Reference re Secession Quebec ((1998) 37 ILM 1340)die reg op afskeiding in uiterste gevalle van onderdrukking van ’n volk afgelei van die voorlaaste paragraaf ten opsigte van selfbeskikking in die Declaration on Principles of International Law Concerning Friendly Relations and Co-Operation among States in Accordance with the Charter of the United Nations van 1970. Die frase “territoriale integriteit” is ingesluit by die Friendly Relations Declaration van 1970; die betrokke klousule lees soos volg:
"Nothing in the aforegoing paragraphs shall be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair, totally or in part, the territorial integrity or political unity of sovereign and independent States conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self-determination of peoples as described above and thus possessed of a government representing the whole people belonging to the territory without distinction as to race, creed or colour."
Bogenoemde paragraaf beskerm die territoriale integriteit van ’n eenheidstaat slegs indien die betrokke staat homself gedra “in compliance with the principles of equal rights and self-determination of peoples – and belonging to the territory without distinction as to race, creed and colour”.
AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)
Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op
uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.
Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié
wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet
of Internasionale Regsvereistes nie.
Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie
deur Cor Ehlers.
---------------------------------------------
Hier volg die video waar OASE bekend gestel word, asook 'n reeks video-gesprekke van Cor Ehlers.
OASE:- Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikkings-Ekspedisie.
Daar is hoop!
Bekendstelling van OASE.
Wie is Cor Ehlers?
Cor stel homself voor, en verduidelik die noodsaaklikheid
om die Grondwet te eerbiedig, en Internasionale Regsbeginsels te volg.
Volg die youtube kanaal.
Vraag 1 - waar Selfbeskikking as 'n basiese mensereg bespreek word. Wat is Selfbeskikking?
Vraag 2 - Kan enige iemand aanspraak maak op selfbeskikking? Aanspraak op Selfbeskikking
Vraag 3 - Wat is die stappe ter voorbereiding van selfbeskikking, en wat is die pilare waarop voorbereiding rus? Die pilare van voorbereiding.
Vraag 4 - Selfbeskikking het verskeie vorme. Wat is die verskil tussen interne en eksterne selfbeskikking? Die vorme van Selfbeskikking.
Vraag 5 - Wat van groepe in SA wat beweer dat hulle reeds 98% afgehandel het? Die gevolge van onkunde.
Vraag 6 - Wat is die rol van die VF Plus? Die rol van die VF Plus
Vraag 7 - Is internasionale regskenners belangrik en nodig? Internasionale regskenners.
---------------------------------------------
Cor noem hoe sy dogter Marieke in International Law with Innternational Relations" graad verwerf het met Selfbeskikking as tema onder die opskrif "Contemporary issues in the law of external self-determination and secession beyond decolonisation and disilution".
Die graad het sy met lof verkry aan die Universiteit van Kent.
Om die Internsionale Regsbeginsels rakende Afrikaner-selfbeskikking beter te verstaan is dit raadsaam om te sien hoe sy in haar dessertasie tot die positiewe slotsom gekom het dat Afrikaners wel deeglik Eksterne Selfbeskikking kan verkry.
Laai hier af.
---------------------------------------------