Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg

Perspektief vir 'n geplaagde wêreld.

'n Studie deur Frank Ouweneel – Nederlandse Bybelprediker
studiegesprek in Afrikaans vertaal en op skrif gestel deur Jan Mastenbroek Sr.
Bladsy 3.

die laaste paragraaf van die vorige bladsy was:

Vriende, wees nie verbaas dat die Bybel, God's Woord, waar is en met jou praat nie.

Want God spreek letterlik vandag tot die wêreld.

God spreek ook met jou buurman wat vir jou lag omdat jy kerk toe gaan, en ook met die kolega wat vir jou lag omdat jy lief is vir Jesus.
Nou hoekom doen hulle dit?

Omdat hulle die Boodskap van die Evangelie nie ken of wil ken nie. Hulle weet 'n ietsie van godsdiens en so aan, maar vriende, maak tog 'n ernstige punt en gebruik die laaste dae om jou kolega of jou vriend of vriendin te oortuig van God's genade in Jesus.
Daar is nog tyd – dit kan nog gedoen word – dalk laat God hom wag vir jou.

Ek praat nou die dag met 'n meisie wat vertel sy het nog nooit soveel geleenthede gehad om oor God's genade te praat as in die afgelope halfjaar.
Daarom spreek die tekens van die tye ook met gelowiges want die tyd raak kort. Ons kan ag en wee roep, ons kan sê dis vreeslik, ons kan sê dit sal fantasties wees as dit alles weer verby is, maar moenie vergeet
dat wat ons vandag beleef werklik tot die tekens van die tye behoort.

En liewe vriend of vriendin, as , terwyl jy dit lees, vóél dat Jésus jou nóú op hierdie oomblik róép, moenie Hom verníét laat roep nie. Op die laaste bladsy sal Hy jou uit Sy Wóórd lei om Hom áán te neem as jou Verlósser en Heiland - moenie uitstel nie.

Dit bring my by Eksodus 8:17

“Aäron het die kierie geswaai en op die grond geslaan, en mens en dier was oortrek van die muggies. In die hele Egipte het elke krieseltjie stof 'n muggie geword”.
Die Hebreeuwse woord vir “muggies” vertaal eintlik na “siekte-draërs” of “besmetters”. Daar kom dus in Egipte wesens wat siektes oordra en die hele land besmet.
En dan voeg ons sommer dadelik Eksodus 8:6 daarby, “Aäron swaai sy kierie oor al die water in Egipte, en toe kom die paddas: Egipte was oortrek van hulle”. Dieselfde paddas sien Johannes in Openbaring 16:13 waar staan: “onreine geeste wat soos paddas lyk".

God wys dus vir Aäron paddas en Johannes geeste soos paddas. Die woord “geeste”het niks te doen met die Heilige Gees of jou siel en gees in jou liggaam nie.
Die letterlike Griekse vertaling van die woord “gees” soos Johannes gesien het is “dinamiese beweging in die lug – uitadem – besmet”. Johannes sien dus in 'n visioen wesens wat net deur hulself te beweeg en alleen deur uit te adem die ander besmet...
Waarom het ons 1.5 meter afstand, waarom word ons verplig om maskers te dra?
Dit is regtig geen grap nie, dis werklik tekens van die tyd.

U sien dus hoe God nie net tekens van die tyd laat gebeur nie, maar hoe God in Sy Woord dit duidelik maak wat die tekens van die tyd beteken sodat ons wakker sal word en sodat die wêreld wakker sal word en sodat die gelowiges wakker sal word.
En dan is daar vandag mense wat vir gelowiges vra: vertel my, wat sê jou geloof nou eintlik oor hierdie tyd? Baie gelowiges kry in hierdie laaste dae vrae van mense wat eintlik niks met God te doen wil hê nie, maar wat nou skielik oop staan vir die Evangelie.
Dit is óók die tekens van die tyd wat nou gebeur.

En ja, dalk het die mense van Egipte daardie tyd ook maskers gedra, want die wesens besmet en beweeg deur die lug en daar was in Egipte ook amper niemand meer wat nie siek was nie. Hier sien ons wéér 'n verwysing na die tyd waarin ons leef. Die persburo Reuters berig dat daar elke 15 sekondes 'n stefgeval is as gevolg van Corona.
Gister is die miljoen-merk reeds verby gegaan.

Nou kan jy sê: ja, maar dit is omdat die entstof nog nie beskikbaar is nie, sodra dit uitkom is alles agter die rug en kan ons die hele ding vergeet.
Niks daarvan nie!
Wat hier gebeur is 'n duidelike teken van God want dit trek oor die hele aarde.

Lees gerus 'n paar Bybeltekste wat jou sal laat regop sit.

Moenie skrik nie!
in Jesaja 24 :1-20 word die aarde van die onmiddellike toekoms beskryf. Gaan haal jou Bybel en lees tot by vers 20 – ek skryf nou net 'n paar verse:
”1. Die Here gaan die aarde verwoes, vernietig, sy voorkoms verander en sy inwoners verstrooi. 2. Dieselfde lot gaan almal tref: priester en volk, slaaf en besitter, slavin en eienares, koper en verkoper, uitlener en lener, skuldeiser en skuldenaar. 3. Die aarde sal verwoes word, dit sal leeggeplunder word. Die Here het dit gesê. 5. want die aarde is verontreinig deur sy inwoners: 6. Daarom sal 'n vloek die aarde verteer en sal al sy inwoners boet vir hulle sonde; daarom sal die inwoners van die aarde verbrand word, en daar sal min mense oorbly. 20. Die aarde sal slinger soos 'n dronk mens, heen en weer wieg soos 'n biesieskerm. Die aarde se oortredinge rus swaar op hom, hy sal val en nie weer opstaan nie.

Nou kan jy natuurlik sê: wat is dit alles tog verskriklik negatief, maar liewe vriende, as jy bietjie realisties is dan besef jy dat dit presies die tyd is waarin ons vandag leef.
God laat dit toe – dit is nie dat God nou beheer verloor het nie, nee, God waarsku!
God spreek tot die wêreld en sê vir die wêreld: hierdie dinge gebeur sodat jy wakker sal word, en sodat jy My perspektief gaan soek.
Die perspektief is My Genade in Jesus Christus, sê God.

En ek herhaal vriende, moenie dink almal weet dit uit Christelike tydskriifte, radio of tv.
Nee, dit gaan om jou éie omgewing. Het JY hulle al van Jesus vertel?
Nie vertel van godsdiens, of jou kerk, of jou eie ervaring oor geloof, nee, het JY hulle vertel van God's Genade in Jesus Christus?
God het selde so duidelik gepraat as met die tekens van die tye van 2020/21.

En dit bring my by Eksodus 9:2,3

Ek dink ek het al vertel dat die oorsaak van Corona kom uit die land van die son.
Maar hoe het Corona nou werklik in Desember 2019 in die wereld ingekom?
Wat is nou eintlik die direkte oorsaak? Die antwoord vind ons in Eksodus 9:2 ,3. “.....sal die Here sy mag toon met 'n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.”.

Die Hebreewse woord vir “pes” beteken eintlik “koors-siekte”, “infeksie-siekte” of “vernietiging”. Ons sien hiermee hoe duidelik die Bybel eintlik is want as jy mooi kyk sien jy dadelik wat oor die afgelope maande in die wêreld aangegaan het.
Ons sien hier is sprake van diere en jy sal dalk onthou hoe met groot bekommernis gepraat is van die Wuhanmark in China, waar allerlei vieslike, vuil en onreine diere verhandel was, die een vuiler as die ander, en waar gesê word dat die virus oorgegaan het van diere na mense.

Tot op 2 Augustus 2020, toe 'n Chinese fluitjieblaser-viroloog met die waarheid uitgekom het en daarmee haar land moes ontvlug. Lee-ming-yang het op Fox News begin Augustus 2020 vertel dat die Corona virus ontstaan het in 'n Chinese militêre laboratorium.
In Januarie 2020 het Mossad, Israel se geheime diens, reeds aan die wêreld gerapporteer dat 'n virus in China vervaardig word.

Die Chinese viroloog vertel: ”Ek het duidelik en beslis vasgestel dat die virus afkomstig is van 'n militêre laboratorium van die Kommunistiese Party.
Die Wuhanmark was net gebruik om die aandag af te lei”
.
Wat ookal gebeur het, die virus is afkomstig uit China. En dit is al gesien deur Johannes in 'n visioen in Openbaring 7:2. “Ek het ook 'n ander engel uit die ooste sien kom met die seël van die lewende God”.
Die (vertaalde) Hollandse teks sê: “Ek sien 'n engel kom van waar die son opkom vir wie toegestaan was om die aarde skade aan te doen”.

Wat is die lande van die opgaande son? China, Japan, Noord en Suid Korea.
Die vlag van Japan is selfs die vlag van die opkomende son.
En die grootste land van die opkomende son is China. Ook hier het die mense wat die Bybel uitlê vroeër groot moeite gehad.
Vandag is dit duidelik.

Maar Johannes het in sy visioen volgens Openbaring 6:8 nog meer gesien: “Ek het gesien: daar was 'n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag … gegee om die mense dood te maak … met pes en deur die wilde diere van die aarde”.

En dan herhaal ek weer wat Johannes eerder gesien het, wat nou eers oor die afgelope maande duidelik geword, wat ons in Openbaring 13:1- 12 lees dat Johannes 'n dier op 'n troon sien sit - die troon wat die dier by die draak gekry het. Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die dier die mag gegee het, en het die dier aanbid en gesê wie kan met hom vergelyk word? Wie kan teen hom oorlog voer?

Die Here Jesus het hieroor al profeties gepraat toe Hy 2000 jaar gelede op aarde was. In Lukas 21:7 -11 en vers 26 staan: “7. Hulle het vir Hom gevra: “Here,wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken van wanneer dit gaan plaasvind? 8. Hy antwoord: “Pasop dat julle nie mislei word nie.... 11. daar sal skrikwekkende dinge wees en groot tekens van die hemel af.”. Vers 26 sê: “Die mense sal beswyk van vrees en spanning wat oor die hele wêreld kom, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word”.
Die Hollandse teks sê: “Daar sal ooral pes-siektes wees. Die aarde sal gepla word deur radeloosheid. Die mense sal flou raak van angs vir die dinge wat oor die wêreld kom”.

Nou kan ek u wel vertel dat baie mense, en veral ook Christene, hierdie woorde 'n jaar gelede maar taamlik oordrewe genoem het, ook woorde soos “bangmakery” gebruik het.
Maar in werklikheid kon hulle tóé nie begryp wat die Here gesê het nie, want daar het nog nooit dinge van hierdie formaat gebeur waarin ons onsself vandag bevind.
Ons kan vandag SIEN dat die woorde, wat die Here Jesus soveel jaar gelede geprofeteer het, vandag 'n werklikheid geword het. Die mense beswyk letterlik oor die hele wêreld van vrees en spanning en radeloosheid – dis in elke land oor die hele wêreld.

Maar waarom gebeur dit nou alles? Is dit omdat iemand sommer lus is vir sulke dinge? Nee, Dit is tekens van die tye. En luister maar na my bewering, ek is oortuig dat daar baie tekens van die tye alreeds by ons verbygegaan het sonder dat ons dit assulks raakgesien het. Dink maar aan die aanslag op New York, allerlei gebeurtenisse rondom ISIS en ALKAIDA, die groot tsunamis wat soveel verwoesting aangerig het. U onthou dit alles nog wel. Dit is alles gebeurtenisse wat op plaaslike vlak verby gegaan het en wat die meeste van ons reeds vergeet het.

Maar nou gebeur daar iets waaraan geen enkele persoon van alle mense op die hele aarde kan ontkom. God spreek Persoonlik elke individu op aarde toe.

Hy praat beslis nie in boosheid nie, nee, Hy sê “Ek wil jou in kontak bring met My genade in Jesus Christus. En as iemand met jou daaroor wil praat, luister dan vir hom.”.

Dis reg, my vriend of vriendin, U het reg gelees: God is besig om Persoonlik hierdie wêreld te waarsku, Hy maak Sy kinders bymekaar, en hoor wat ek vandag sê: “mense wat 'n jaar gelede nog ewe grootbek rondgeloop het, het nou stil geword, sit in sak en as en weet nie meer nie”. Hulle moet en kan gehelp word, maar het die werklike perspektief nodig. En ek herhaal: Moet veral nie dink dat die wêreld wat sonder God lewe die goeie boodskap ken nie. Moet dit veral nie dink nie.

En ek wil jou nogmaals vra: Laat God toe om óók deur jou tot ons Christene te spreek oor die tekens van die tyd, en skaam jouself nie vir die Evangelie.

Soos Paulus sê oor die Evangelie in Romeine 1 dat die Evangelie nie 'n godsdiens is nie, of 'n kerk, of dat die Evangelie een of ander slap Christelike verhaal is nie. Nee, die Evangelie is die Evangelie van God's Genade deur die werk wat Jesus Christus volbring het. God spreek vandag op 'n duidelik verstaanbare wyse.

Wat my na Eksodus 9:10 bring.

Toe ek hierdie studie vir die eerste keer gebring het, was daar 'n dokter in die saal wat gesê het dat hy Eksodus 9:10 mis in die studie. En ja, dit was nou nie so maklik om dit sommerso in te pas nie. Ek het eintlik nie mooi begryp nie.
Dit gaan oor die opdrag van God aan Moses en Aäron om hande vol roet uit 'n oond te haal en dat Moses dit voor Farao in die lug moet opgooi. Daar staan in vers 10: “Hulle het toe roet uit 'n oond gevat en voor die Farao gaan staan. Toe Moses dit in die lug opgooi, kom daar op mens en dier swere wat aanhoudend etter.”.

Toe sê die dokter: Daar is twee dinge wat opvallend is: eerstens die woord “swere” waarvan die vertaling uit Hebreeus “infeksie-siektes” en “ontstekinge” is. En tweedens, vertel die dokter verder, dat Moses roet in die lug gegooi het.
En toe verwys die dokter my na 'n internet artikel op nu.nl van 28 April 2020. Daar word vertel dat die Corona-virus “saamry” op roetdeeltjies uit Noord Italië. Die artikel sê dat: Oor 'n tydperk van drie weke van einde Februarie tot half Maart het ondersoekers lugmonsters op 34 lokasies versamel rondom fabrieksterreine in Bargano. In 8 monsters het die ondersoekers genetiese materiaal van die virus aangetref op klein roet-deeltjies.

Bergano en Lombardo is swaar-industriestede in Noord Italië met fabrieke wat die lug sleg vervuil met roet en smog. Daar was in die tyd 'n voetbalwedstryd tussen Atabanta en Valencia waar baie Chinese in die voetbalstadion was.
Kort na die wedstryd was die meeste van die 40,000 besoekers en supporters besmet.
U mag dalk onthou van die uitsonderlik groot aantal Coronagevalle wat in Februarie in Noord Italië was. Daardie industriegebied was eintlik die kern of die brandpunt van die pandemie in Europa.
Die roet-deeltjies met die virus wat “saamry” in die rook het deur die hele Europa deur die lug versprei en ook na groot dele van die wêreld.

Maar luister nou - Johannes skryf in Openbaring 9 en 13 oor hierdie selfde rook en roet. In Openbaring 9:3,5 en 6 lees ons "dat Johannes uit die rook sprinkane oor die aarde sien uitswerm, wat die mense soos skerpioene gepynig het".
Dit was wééreens 'n teks wat teoloë 'n jaar gelede niks van kon begryp nie, maar vandag is dit letterlik en pynlik duidelik!

As ons nou mooi dink aan Eksodus 9:10 waar Mosus roet in die lug gegooi het wat swere veroorsaak het, en ons dink aan Corona, dan sien ons in verwondering hoe pragtig die Woord van God inmekaar gevleg is.
En daarby dat alleen God die Skrywer van Sy Woord kon gewees het.
Hoe God duisende jare gelede met hierdie plae in Egipte as 't ware 'n vergesig gebied het oor wat vandag by ons sou gebeur.

En so kom ons by Eksodus 7:20 waar staan: “Aäron het sy kierie opgelig en voor die oë van Farao en sy amptenare op die Nyl se water geslaan, en al die water het in bloed verander”. Die Hebreeuwse woord vir “bloed” is “lè-dam”, wat beteken om “bloedend te wag vir die dood”.

Ek het hierdie week gehoor van 'n kenner van die Coronavirus wat sê die virus is eintlik verskillende siektes bymekaar. Dit was 'n dokter wat dit vir my vertel het en hierdie week het dit ook bekend geword dat die siekte die harsings aantas.
Ons vind 'n verwysing van die profesie in Esegiël 5:17: “... pes en bloedvergieting sal julle tref...”. Die (vertaalde) Hollandse teks sê: “Die swaard van die bloedpes is aan álle kante gerig op álle volke van die aarde”.

Ons gaan nou oor na Bladsy 4.