Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg


Voorwoord
Welkom, ek is Jan Mastenbroek, of sommer net Oom Jan.

Die land wat ons op 'n skinkbord in 1994 weggegee het, is nie meer nie.
Die 17de beste ekonomie en die sterkste militêre mag in Afrika is vernietig na rommelstatus.
Na die inperkings is daar niks noemenswaardig oor nie - gaos sal oorneem.
Die ANC onderdruk Afrikaners steeds vir 26 jaar met rassistiese wette soos RA en SEB.
Ons word vermoor, ons taal en kultuur vernietig, ons word besteel op groot skaal en bedrieg.

Hoekom sal Afrikaners en kultuurgenote aangaan lewe onder hierdie omstandighede?
Wat word van ons kinders as oor 50 jaar die Afrikanervolk ook tot niet is?
Daar is 'n gebied afgebaken waar vandag nog steeds 1.5 miljoen Afrikaners woon.
Volgens Internasionale Regsbeginsels kan ons dit as Afrikaner-eiendom opeis
.
Lees die Menu items wat kortliks alles verduidelik, lees Cor Ehlers se boek vir verdere detail en google die gebied.
"Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here, die Almagtige".