Jan M Pmb City Hall

Oom Jan Mastenbroek

Pietermaritzburg

Inleiding

Die webblad is bedoel om kontak te bou met alle Afrikaners en ons kultuurgenote.
Daar is vandag 'n doelbewuste poging om Afrikaners uit die ekonomie te stoot deur virus-wetgewing wat bankrotskap tot gevolg het.
Saam met RA en BEE is hulle daarop uit om ons volk eintlik te vernietig. As ons Noord van ons kyk sien ons niks anders as totale armoede - en dit SAL ons voorland wees.
Die vraag ontstaan dan "Sien JY, wat nou hier lees, enige rede dat ons, as Afrikaners - saam met ons kultuurgenote wat meestal Engels praat - dit verder sal gaan toelaat?".
Want daar IS 'n oplossing!

Mag ek u voorstel aan my gas?
Cor Ehlers, voorsitter van OASE (Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikking Ekspedisie) en voorste navorser/ontleder van die SA-Grondwet en Internasionale Regsvereistes rakende Afrikaner-Selfbeskikking, het in November 2019 'n lesing gehou vir ASK en TLU SA onder die opskrif: "Selfbeskikking vir Afrikaners ooreenkomstig Art.235 van Suid Afrika se Grondwet binne die raamwerk van Internasionale Reg", wat ek hier oorgedra het.

Vir die van u wat 'n laptop of rekenaar gebruik, word sy Inleiding in hierdie linkerblok weergegee, terwyl die lesing self in die middelblok verskyn, en die advertensie oor sy boek en 'n serie video-opnames word in die regterblok gewys.

Vir die van u wat 'n selfoon gebruik sal die blokke ondermekaar uitkom - wat in die linkerblok op 'n laptop verskyn kom eerste, met die middelblok daarna en die regterblok as laaste. Die menu sal altyd bo bly "vashaak". Dit mag wees dat die videos nie op 'n selfoon sal deurkom nie.

"Goeiedag dames en here.
Baie dankie vir die geleentheid wat die ASK my bied om vandag ‘n bydrae te lewer tot ons mense se vryheidstryd, en in besonder ook dankie aan TLU SA dat hulle hierdie fasiliteit daarvoor beskikbaar stel.

Dit is nie my doel om hier namens enige organisasie of politieke party steun te werf.
Ek is die voorsitter van OASE (Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkings-ekspedisie),‘n geregistreerde maatskappy sonder enige winsmotief wat die afgelope bykans 10 jaar navorsing doen binne en buite Suid-Afrika en wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners propageer.

Ons navorsingsbevindinge is vervat in my onlangse publikasie "‘n Heimat vir Afrikaners – die Tiende Provinsie" en is verkrygbaar op amazon.com, of in PDF-formaat by cor@poplargrove.co.za

OASE tree op as ‘n drukgroep wat territoriale selfbeskikking vir Afrikaners nastreef ooreenkomstig Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet en binne die raamwerk van internasionale reg.

Ek doen ‘n beroep op almal vandag hier teenwoordig om nie die gespreksforum te sien as ‘n geleentheid vir kleinlike politiekery of moddergooiery wat betref die verlede of die hede nie. Ons standpunte oor die verlede en die hede wat politici betref word wel aangespreek in my boek waarin mense meer kan gaan nalees as hulle wil.

4. Regsgeleerdes

Kortliks praat ons oor:
Internasionale Regsgeleerdes en hul gevolgtrekkings oor Selfbeskikking.
Daar is ook heelwat voorbeelde van nuwe state wat afgeskei het, asook 'n duidelike waarskuwing dat 'n nuwe staaterken moet word deur ten minste een soewereine staat.
'n Internasionale regsbeginsel het ernstige spanning veroorsaak toe Kosovo eensydig onafhanklikheid uitgeroep het, wat tog deur die Internasionale Geregshof in den Haag ter syde gestel was.
Die Internasionale Gemeenskap verwag Ekonomiese volhoubaarheid en minimum ontwrigting vir alle burgers as onafhanklikheid opgeëis word oor grondgebied.
En dan kyk ons nog 'n keer na Artikel 235 van die SA Grondwet en hoor wat die regsgeleerde Dugard hiervan sê, wat ons weer terugbring na die Internasionale Regsposisie en die noodsaak van vreedsame onderhandelings.
Ons praat oor bondgenote as internasionale rolspelers wat benodig is waar "remedial secession" ter sprake kom, en dan volg slotwoord

-------------------------------------------------------------------------


Nota: die paragraaf hieronder is 'n herhaling van die vorige blad en verwys na wat die Kanadese Hooggeregshof oor die reg van afskeiding in gevalle van uiterste onderdrukking afgelei het.

Hier word die territoriale integriteit van ’n eenheidstaat beskerm slegs indien die betrokke staat homself gedra “in compliance with the principles of equal rights and self-determination of peoples – and belonging to the territory without distinction as to race, creed and colour”.

Volgens Johanson word die onbetwisbare gevolgtrekking hieruit gemaak dat, waar selfbeskikking wel ernstig geskend word, die staat geen beskerming geniet ten opsigte van territoriale integriteit of politieke eenheid nie (Johanson 2004).

Volgens Dugard bestaan daar sterk ondersteuning vir die gedagte dat gemelde paragraaf minstens ’n gekwalifiseerde reg van afskeiding (“secession”) van die eenheidstaat erken (Dugard 2012).

David Raič het ’n diepgaande ondersoek gedoen ten opsigte van die voorbereidende werksaamhede (“travaux préparatoires”) van bogemelde Deklarasie en hy bevestig dat daar ’n gekwalifiseerde reg vir afskeiding bestaan. Raič stel dit soos volg:
Within the framework of the qualified secession doctrine, there is general agreement on the constitutive parameters for a right of unilateral secession which may be summarized as follows:
(a) there must be a people which, though forming a numerical minority in relation to the rest of the population of the parent state, forms a majority within an identifiable part of the territory of that state;
(b) the people in question must have suffered grievous wrongs at the hand of the parent state from which it wishes to secede consisting of either
(bi) a serious violation or denial of the right of internal self-determination of the people concerned (through, for instance, a pattern of discrimination), and/or
(bii) serious and widespread violations of the fundamental human rights of the members of that people; and
(c) there must be no (further) realistic and effective remedies for the peaceful settlement of the conflict (Raič D. 2002.Statehood and the Law of SelfDetermination. Martinus Nijhoff Publishers).

Brilmayer (2000:283) beklemtoon twee aspekte wat in ag geneem moet word om te bepaal of ’n afskeidingsbeweging ’n geldige eis het, naamlik:
i) Die identiteit van die groep wat wil afskei, m.a.w. is dit ’n volk met ’n duidelik herkenbare identiteit, en
ii) is die eis vir sesessie objektief gesproke regverdigbaar gebaseer op “historical fact, legal reasoning, moral argumentation, and so forth”.


Voorbeelde van gevalle waar nuwe state suksesvol afgeskei het van eenheidstate is die volgende: Bangladesh van Pakistan in 1971; Eritrea van Ethiopië in 1993; Slowenië, Kroasië, Bosnië-Herzegowina en Macedonië met die ontbinding van Joegoslawië in die 1990’s; Kosovo van Serwië in 2007; en Suid-Soedan van Soedan in 2011.


Ek herhaal weer: Onafhanklikheid van ’n nuwe staat wat nie deur ander soewereine state erken word nie beteken in werklikheid niks. ’n Nuwe staat is slegs soewerein as die staat se onafhanklikheid deur ander state erken word. Om erkenning by ander soewereine state te kry, moet die nuwe staat voldoen aan internasionale regsbeginsels en die riglyne van die internasionale gemeenskap.
In teorie hoef slegs een soewereine staat ’n nuwe staat se onafhanklikheid te erken vir die nuwe staat om soewereiniteit te geniet, maar hoe meer state die nuwe staat se onafhanklikheid erken, hoe groter is die nuwe staat se kanse op volhoubaarheid. Erkenning deur die moederstaat waarvan die nuwe staat afskei tel nie (Dugard 2012:89-99).


Tot in 2010 het die internasionale regsbeginsel bekend as "uti possidetis iuris" ernstige spanning veroorsaak in die internasionale gemeenskap omdat dit ingedruis het teen die basiese mensereg van selfbeskikking vir volke, insluitend die VN se Verdrag vir Burgerlike en Politieke Regte. Kragtens die "uti possidetis-beginsel" kon volke slegs onafhanklikheid opeis indien die grondgebied waaroor dit gaan se grense ooreenstem met koloniale grense.

Die Kosovare het in 2008 eensydig onafhanklikheid uitgeroep oor grondgebied en sodoende afgeskei van Serwië sonder om te voldoen aan die "uti possidetis-reël". Die Serwiese regering wou nie die Kosovare se onafhanklikheid erken nie en het – as demokratiese verteenwoordiger van ’n soewereine staat – die Kosovare se eensydige onafhanklikheidsverklaring teengestaan deur ’n klag in te dien by die VN. Die VN is nie ’n hof nie en die saak is gevolglik deurverwys na die Internasionale Geregshof (International Court of Justice – ICJ) in Den Haag vir ’n opinie. In 2010 het ’n meerderheid van regters van die ICJ die volgende bevind:
i) Daar kan geen beletsel in internasionale reg gevind word wat bepaal dat die Kosovare se onafhanklikheidsverklaring indruis teen internasionale reg nie. By implikasie is die "uti possidetis-beginsel" dus nie langer ’n faktor waar volke wil afskei van eenheidstate ter wille van onafhanklikheid nie. Daarna het SuidSoedan in 2012 ook onafhanklikheid met internasionale erkenning gekry sonder dat die land se grense voldoen aan die "uti possidetis-beginsel".
ii) Burgers van ’n land wat wil afskei met grondgebied vir eksterne selfbeskikking, d.w.s. onafhanklikheid, tas nie die territoriale integriteit aan van die staat waarvan afgeskei word nie. Slegs ander state kan die territoriale integriteit van ’n staat aantas, nie mense nie. Regter Trintade het dit goed saamgevat toe hy aanvoer dat mense state skep, en nie andersom nie.
lees hier meer; (sien ook Ehlers 2012:35-39).


Flip Buys van Solidariteit Beweging het in 2012 in kommentaar op ’n internetartikel oor die implikasie van die Kosovo-saak vir Afrikaners ook die kwessies van "uti possidetis" en Suid-Afrika se territoriale integriteit as struikelblokke geopper vir toekomstige onafhanklikheid oor eie grondgebied vir Afrikaners. Nadat Buys verkeerd bewys is, is alle artikels en kommentare oor die onderwerp skielik vanaf Solidariteit se blog verwyder.

Ekonomiese volhoubaarheid en minimum ontwrigting vir alle burgers van die moederstaat waarvan afgeskei word, is faktore waarna die internasionale gemeenskap kyk as onafhanklikheid opgeëis word oor grondgebied. Die groep wat wil afskei moet die vermoë hê om te kan afskei met ‘n redelike vooruitsig op sukses en doeltreffendheid. Laasgenoemde is veral van belang aangesien suksesvolle sesessie eerder ’n kwessie is van feit as van reg (Christakis 2006:138).

Die oorblywende deel van ’n staat se bevolking wat nie afskei nie, moet ook die minimum ontwrigting ondergaan sou die groep wat wil afskei van die eenheidstaat, in hul strewe slaag. Dit impliseer dat sesessie nie groter konflik veroorsaak as wat reeds die geval is nie, en dat stabiliteit in die streek ook in aanmerking geneem word. Sesessie moet dus ten doel hê om moontlike negatiewe gevolge tot die minimum te beperk.

Die groep wat wil afskei behoort slegs ’n deel van die land se territorium en bronne op te eis wat proporsioneel ooreenstem met die getal mense wat binne die afgebakende gebied leef. Tideman stel voor dat die groep wat wil afskei die reg het op ’n deel van die eenheidstaat se grondgebied wat proporsioneel is tot hul bevolkingsgetalle. Hierdie riglyn word beskou as billik met die oog daarop om onafhanklikheid deur ander state erken te kry (Tideman 2004:9).

Erkenning van onafhanklikheid deur die VN is die kulminasie van die proses alhoewel nie ’n vereiste vir soewereiniteit nie.

Voorts mag ’n deel van die bevolking wat wil afskei, nie ’n rassistiese minderheid wees wat oor ’n groter meerderheid wil regeer nie. Dit is om hierdie rede dat Dahbour voorstel dat die totale stemgeregtigde bevolking binne die afgebakende gebied behoort deel te neem aan ’n referendum vir sesessie (Dahbour 2003).

Na afloop van ’n gebiedsreferendum waarin ’n gewone meerderheid ten gunste van sesessie gestem het, is die volgende stap om onafhanklikheid oor die afgebakende gebied uit te roep (Crawford1999:85).


Laastens moet ons weer gaan kyk na wat Suid-Afrika se grondwet sê oor afskeiding van grondgebied met die oog op volle onafhanklikheid; Artikel 235 lees soos volg:
"The right of the South African people as a whole to self-determination, as manifested in this Constitution, does not preclude, within the framework of this right, recognition of the notion of self-determination of any community sharing a common cultural and language heritage, within a territorial entity in the Republic or in any other way, determined by national legislation."

Wat sê die befaamde internasionale regsgeleerde Dugard hieroor?
"The phrase “or in any other way” is of uncertain content. Does it mean that all options – including secession – remain open, provided they are determined by “national legislation”?" (Dugard: 2012:110).

Hierdie onbeantwoorde vraag van Dugard bring ons dan weer terug by die internasionale regsposisie soos wat dit breedvoerig bespreek is hierbo; ter opsomming haal ons weer Dugard (2012:109) aan:
"For most states, there remains a presumption against secession, which can be rebutted only in the exceptional circumstances of consent on the part of the “parent” state, and of remedial secession, where internal selfdetermination has been forcibly denied, avenues of negotiation exhausted, and the entity in question has some historical and political identity of its own

Indien daar nie by wyse van vreedsame onderhandelinge ’n skikking met Suid-Afrika se wettig verkose regering vir territoriale selfbeskikking bereik word en die Konstitusionele Hof nie ’n gunstige uitspraak vir Afrikaners lewer nie, maak dit die pad oop na regstellende afskeiding (“remedial secession”) by wyse van ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring oor die afgebakende territorium.
Om enigsins suksesvol te wees hiermee sal minstens een ander soewereine staat die grondgebied se onafhanklikheid moet erken, maar verkieslik meerdere state; die standpunt van SuidAfrika se regering is dan nie meer relevant nie (Dugard 2012:103-9).

Sou Suid-Afrika se regering steeds weier om Afrikaners se onafhanklikheid oor en dus sesessie van grondgebied te erken, en besluit om die saak na die VN of Internasionale Geregshof in Den Haag te verwys, sal kanse op Afrikaners se sukses afhang van hoe waterdig hul saak is.


Bondgenote
Sodra een of meer soewereine state die nuwe staat se onafhanklikheid erken, beteken dit outomaties dat die nuwe staat soewereiniteit geniet en dat Afrikaners kragtens Artikel 66 van die Internasionale Geregshof locus standi (verskyningsbevoegdheid) in die Hof geniet – net soos wat met die Kosovare in 2010 die geval was. Die Afrikanerbeheerde staat moet dan daarvoor sorg dat die Hof se jurisdiksie erken word; alle stawende dokumentasie moet verkieslik in onberispelike diplomatieke taal geskryf wees.

Teen daardie tyd sal internasionale rolspelers wat as bondgenote vir Afrikaners optree die geleentheid kan benut om ook hul etuienis in die Internasionale Geregshof te lewer.

Die ANC se sterkste bondgenote sedert die dae van apartheid is kommunistiese lande soos Sjina, Rusland en Kuba, maar ook Indië en Brasilië wat beide deel is van die BRICS-blok waarvan Suid-Afrika ook ’n lidstaat is.

Die onlangse verandering in Brasilië se regering wat toenemend pro-Westerse geluide maak, laat die vraag ontstaan hoe lank die land nog deel gaan wees van BRICS.
lees hier

Afrikaners se natuurlike bondgenote as gevolg van gedeelde waardestelsels, kulturele en historiese verbondenheid is Westerse lande, insluitend Israel. Afrikaners stam immers hoofsaaklik af van Europese volke en praat ’n Germaanse taal; hulle onderhou ’n Westerse kultuur en waardestelsel. Die meerderheid Afrikaners is Christene wat die Bybel aanvaar as die enigste Woord van God. Inklusief die Ou Testament. Afrikaners se diepgewortelde Westerse kultuur spruit onder andere voort uit hul Judaïsties-Christelike geloofsagtergrond.

Vir “remedial secession” om te slaag sal alles daarvan afhang of soewereine state ’n nuwe staat onder Afrikanerbeheer se onafhanklikheid sal erken. Sonder ’n hawe sal onafhanklikheid oor grondgebied waar Afrikaners in beheer is, nie die strategiese voordele inhou waarin wêreldmoondhede gewoonlik belang stel nie. ’n Hawe is nie net van strategiese belang nie, maar ook noodsaaklik ter wille van in- en uitvoere.
Sou Afrikaners ooit onafhanklikheid oor grondgebied in Afrika kry, sal dit ’n groot aanwins wees vir die Weste want die nuwe staat sal soos ’n Westerse bastion uitstaan tussen Afrikalande waarop veral Sjina tans al hoe meer invloed uitoefen.


Slotwoord
Dit is nou 180 jaar nadat die Slag van Bloedrivier in Natal plaasgevind het toe ’n klein groepie Voortrekkers – hoofsaaklik Afrikaners – onder leiding van Andries Pretorius die magtige Zoeloeryk verslaan het; dit was nadat die groep se geestelike leier, Sarel Cilliers, drie dae namekaar die Gelofte in die laer voorgelees het.

Die Voortrekkers was bekend daarvoor dat hulle ten tye van gevaar “laer” getrek het; wat destyds by Bloedrivier en by die Slag van Vegkop in 1836 gebeur het is puik voorbeelde hiervan.

Afrikaners woon vandag verspreid dwarsoor Suid-Afrika in ’n land wat sedert 1994 deur ’n swart meerderheid regeer word; hulle word sedertdien:
* Sosiaal gemarginaliseer, veral as gevolg van blatante rassediskriminisasie;
* kultureel afgetakel;
* ekonomies ontmagtig;
* op voorheen ongekende skaal bedrieg, aangerand, beroof, verkrag en vermoor.

As gevolg van hierdie toedrag van sake het duisende Afrikaners sedert 1994 Suid Afrika reeds verlaat en hul elders in die wêreld gaan vestig waar hulle veilig en welkom voel.

Het dit nie nou weer tyd geword dat Afrikaners in Suid-Afrika laer trek ter wille van hul oorlewing nie?

Internasionale reg en die internasionale gemeenskap verwag van nasiestate se regerings om selfbeskikking toe te staan aan volke binne hul staatsgrense; Suid Afrika se Grondwet skep ook die geleentheid hiervoor mits daar aangedring word op selfbeskikking.

As die Skotte, Iere, Walliesers, Vlaminge, Oos-Belge, Kataloniërs, Suid-Tirolers en ander minderheidsvolke binne hul onderskeie nasiestate territoriale selfbeskikking geniet, waarom mag Afrikaners dit nie ook kry nie? Die ANC-regering bepleit onafhanklikheid vir die Palestyne; waarom sou Afrikaners as ’n volwaardige volk dan nie minstens (interne) territoriale selfbeskikking mag opeis in Suid-Afrika nie?

Al bogenoemde en ander volke geniet lankal (interne) territoriale selfbeskikking binne die eenheidstate waarvan hulle deel is – iets waarvan vryheidstrewende Afrikaners tot nou toe nog net van kan droom. Dit het tyd geword dat daar intensief met sulke volke gesprekke gevoer word om te gaan vasstel wat gedoen kan word om Afrikaners se vryheidstrewes te verwesenlik.

Totdat Afrikaners nie in beduidende getalle die wíl toon om oor hul eie mense te regeer nie, sal hulle nooit weer vry wees van onderdrukking deur ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika nie. Hoe gouer Afrikaners in groot getalle vir die regering van Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap wys dat hulle verkies om self politieke beheer oor hul eie mense uit te oefen in spesifieke grondgebied, hoe gouer kan die wiele aan die rol gesit word om territoriale selfbeskikking te verwesenlik.

Deur telkens te versplinter in klein regse en verregse partye en groepies word die Afrikanerstem net verder verdeel en versterk dit die hande van ons vyande. Deur met voetwerk en werklike ywer op grondvlak betrokke te raak by bestaande partypolitieke strukture kan die situasie verander. Dan kan daar op demokratiese wyse binne partyverband leiers gekies en beleid geformuleer word wat binne grondwetlike en internasionale regsvereistes Afrikaners se vryheidstrewe in die regte rigting stuur. ’n Minderheid binne sulke partye se persepsie oor waar en hoe selfbeskikking behoort plaas te vind, sal dan op grond van getalle oorheers word, sodat Afrikaners dáár waar hulle reeds vir geslagte lank in groot getalle woon hul reg op selfbeskikking demokraties kan opeis binne grondwetlike en internasionale regsvereistes en binne die riglyne van die internasionale gemeenskap.

As Afrikaners met beduidende getalle in die afsienbare toekoms die geleentheid aangryp om hul vryheid terug te probeer kry op die wyse wat in my boek voorgestel word, kan hulle die politieke speelbal dalk nog betyds na die regering se kant van die veld skop; dan is dit vir die regering om sy ware kleure teenoor Afrikaners en die internasionale gemeenskap te wys wat betref die bedoeling van Artikel 235 van die Grondwet en hul internasionale verpligtinge ten opsigte van volke se reg op selfbeskikking.

Indien die regering die spel van vreedsame onderhandelinge volgens internasionale reëls speel, kan die internasionale gemeenskap as skeidsregter optree en staan Afrikaners ’n kans om weer politieke vryheid te bekom.

Indien die regering nie volgens internasionale reëls speel nie, deur byvoorbeeld geweld as ’n opsie te kies of deur agter die geweld van vigilantegroepe te skuil wat Afrikaners se vreedsame proses ondermyn, sal Afrikaners geen keuse hê as om verdedigende geweld toe te pas nie, sodat hul mense en eiendom beskerm word. Hiervoor bestaan daar voldoende internasionale remedies – ook in die vorm van VNresolusies – wat sulke optrede deur minderhede onder bepaalde omstandighede rugsteun. Met ’n duidelik afgebakende gebied vir selfbeskikking word dit makliker om die streep op die regte plek in die sand te trek by wyse van spreke.

Enige konsep wat in terme van beheer oor grondgebied soos ‘n laslappiekombers lyk, is nie volhoubaar nie. Ons weet uit ervaring met die voormalige swart tuislande dit so iets moeilik is om te adminstreer, laat staan nog om dit te beveilig.

Dit is essensieel dat Afrikaners die proses uit die staanspoor op grondwetlike gronde en binne die raamwerk van internasionale reg aanpak; so nie, is hul kanse op sukses maar skraal. Hiervoor sal Afrikaners ’n eerste span op die onderhandelingsveld moet stoot, en nie ’n reserwespan soos wat met die Kodesaonderhandelinge die geval was nie.

Sonder ’n puik span internasionale regsgeleerdes en ander kundiges op relevante vakgebied loop Afrikaners die gevaar dat hulle die saak in die Konstitusionele Hof verloor, of dalk eendag ook in die Internasionale Geregshof in Den Haag, sou dit ooit daar beland. ‘n Reserwespan soos destyds by Kodesa, of mense wat bly vasklou aan die huidige multikulturele Grondwet, sal nie die wa deur die drif trek nie.

Afrikaners wat buite die voorgestelde afgebakende gebied gevestig is hoef nie uitgesluit te voel by die konsep van ‘n spesifiek afgebakende gebied nie, aangesien baie Afrikaners in gebiede woon wat direk aangrensend sal wees tot die gebied. Groot getalle Afrikaners sal sonder veel moeite in die afgebakende gebied kan vestig en steeds heen en weer pendel as dit gaan oor werk of sake wat buite die gebied verrig moet word, veral in Gauteng en by dorpe en stede wat as grensdorpe en –stede geïdentifiseer is.

Afrikaners wat elders vasgevang sit in Suid-Afrika tussen miljoene swartes of mense van ander kulture, sal met veiligheid hul kinders, bejaardes en siekes kan toevertrou aan skole, bejaardetehuise en hospitale waar Afrikaners in beheer is van sake binne die afgebakende territorium vir selfbeskikking.

Indien Afrikaners territoriale selfbeskikking iewers in Suid-Afrika kry, sal die “brain drain” wat sedert 1994 vernaamlik onder wittes in die land plaasvind na alle waarskynlikheid begin afplat indien nie in trurat geplaas word nie. Groot getalle wit Engelssprekendes sal tuis voel in ’n Afrikanerbeheerde provinsie, aangesien hulle tans ook die slagoffers is van rassediskriminasie in Suid-Afrika.

Sonder bepaalde opofferings sal Afrikaners nie maklik weer oor hul eie mense politieke beheer kan uitoefen nie. Sulke opofferings sal onder andere inhou dat grense by sommige dorpe en stede so getrek sal moet word dat bestaande infrastruktuur en werksgeleenthede buite die afgebakende gebied val, en dat Afrikaners van nuuts af infrastruktuur en werksgeleenthede sal moet skep binne die territorium waar hulle outonomie geniet omdat hul daar ’n getalsmeerderheid is. Vreedsame onderhandelinge hou die sleutel tot kompromieë wat aangegaan sal moet word oor sake soos verdeling van munisipale belastings, ensovoorts.

Terselfdertyd behoort groot kommersiële boere binne die afgebakende gebied ruimte te skep vir Afrikanerboere van buite die gebied om boerderye te vestig op reeds onderverdeelde plase, sodat die kundigheid wat daar onder sulke boere bestaan gekonsolideer kan word waardeur Afrikaners se getalle binne die voorgestelde territorium verhoog word en landelike veiligheid gekonsentreer kan word. Afrikaners in dorpe en stede sal moet hande vat met hul eie mense wat in ylbevolkte dele van die afgebakende gebied woon ter wille van doeltreffende gemeenskapsbeveiliging; want eendrag maak mag.

Afrikaners sal, soos die Jode, hul beursies moet oopmaak vir partye en organisasies wat werklik hul eie belange en nie die belange van ander of “Afrikaanses” op die hart dra nie. Dit help ook nie om tyd, energie en geld te vermors op uitgediende konsepte en verydelde hoop soos die reënboognasie nie, of om te bly vasklou aan die huidige Grondwet met sy gebrek aan beskerming vir minderhede en swak voorsiening vir haatgedrewe misdade nie.

Suid-Afrika as eenheidstaat kan net baat vind daarby as Afrikaners toegelaat word om hul basiese mensereg van selfbeskikking op ’n sinvolle wyse uit te leef; dit sal die toenemende spanning tussen Afrikaners en die res van Suid-Afrika se bevolking grootliks tot halt roep.


Ter opsomming
Ons volstaan by ons konsep dat die verwesenliking van territoriale selfbeskikking hetsy intern of ekstern veral op twee pilare gebou sal moet word, naamlik:
** Die verkryging van ‘n legitieme en beduidende mandaat onder die Afrikanervolk, verkieslik ‘n gebiedsmandaat, wat namens Afrikaners vreedsame onderhandelinge met die wettig verkose regering van SA moet voer soos verduidelik deur die KH-regters tydens die sertifisering van Artikel 235, en soos vereis deur die internasionale gemeenskap. Alle voorstelle van Afrikanerkant sal moet berus op internasionale regsbeginsels en riglyne van die internasionale gemeenskap – ook wat betref die afbakening van grondgebied; die hele proses sal daarvolgens bestuur moet word.
** Die opluister van wye steun in die internasionale gemeenskap vir Afrikaners se vryheidstryd, waarmee veral bedoel word steun van soveel as moontlik soewereine state se wettig verkose regerings.

Ten einde vergestalting te gee aan bogenoemde proses, wat na ons insig in sy geheel gesien niks anders is nie as ‘n internasionale regsproses met sowel nasionale regs- as binnelandse en internasionale politieke elemente, sal daar werklike kundiges op alle tersaaklike vakgebiede ingespan moet word as ons enigsins ‘n kans op sukses wil staan.

Alle burgers van Suid-Afrika bo die ouderdom van 18 jaar geniet stemreg, ook burgers van die land wat in die buiteland is ten tye van ’n algemene verkiesing. Afrikaners kry weer in 2021 die geleentheid om in munisipale verkiesings te stem.

Hoe langer Afrikaners wegbly by die stembus of vir politieke partye stem wat nie ons volk se vryheidstrewe voorop stel nie, hoe langer word die toestand van menslike verontregting uitgerek waarin Afrikaners hulleself bevind.

Ek wil graag afsluit deur te verwys na OASE se bekendstelling op 2 September 2011 wat die oggend voorafgegaan is deur ‘n verootmoedigingsdiens in die Paul Krugerkerk in wat ons almal ken as Kerkstraat, hier in Pretoria. Die diens is op aandrang van die betrokke gemeente se kerkraad deur hul eie predikant gelei. In die diens het die predikant op negatiewe wyse verwys na selfbeskikking met die volgende woorde: As die Here nie wil hê Afrikaners moet selfbeskikking kry nie, moet ons dit so aanvaar.

Dit het ander predikante en verskeie gaste wat die diens bygewoon het dwars in die krop gesteek. Die Here van die Bybel waarin ek glo is ‘n God van hoop, geloof en liefde. As ons met liefde mekaar se verskille aanvaar, met geloof in die reddende genade van die God van die Bybel, en met die hoop wat sy bemoeienis met die lotgevalle van mense en volke inhou, dan is daar geen rede waarom ons in geloofsverband so negatief hoef te staan teenoor selfbeskikking vir ons volk nie.

Ek dank u almal.
Cor Ehlers

Lees gerus Cor Ehlers se boek wat 'n duidelike uiteensetting is oor Afrikaner-Selfbeskikking

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie
deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Hier volg die video waar OASE bekend gestel word, asook 'n reeks video-gesprekke van Cor Ehlers.

OASE:- Oanafhanklike Afrikaner-Selfbeskikkings-Ekspedisie.
Daar is hoop!
Bekendstelling van OASE.

Wie is Cor Ehlers? Cor stel homself voor, en verduidelik die noodsaaklikheid om die Grondwet te eerbiedig, en Internasionale Regsbeginsels te volg.
Volg die youtube kanaal.

Vraag 1 - waar Selfbeskikking as 'n basiese mensereg bespreek word. Wat is Selfbeskikking?

Vraag 2 - Kan enige iemand aanspraak maak op selfbeskikking? Aanspraak op Selfbeskikking

Vraag 3 - Wat is die stappe ter voorbereiding van selfbeskikking, en wat is die pilare waarop voorbereiding rus? Die pilare van voorbereiding.

Vraag 4 - Selfbeskikking het verskeie vorme. Wat is die verskil tussen interne en eksterne selfbeskikking? Die vorme van Selfbeskikking.

Vraag 5 - Wat van groepe in SA wat beweer dat hulle reeds 98% afgehandel het? Die gevolge van onkunde.

Vraag 6 - Wat is die rol van die VF Plus? Die rol van die VF Plus

Vraag 7 - Is internasionale regskenners belangrik en nodig? Internasionale regskenners.

---------------------------------------------

Cor noem hoe sy dogter Marieke haar "LLM in International Law with Innternational Relations" graad verwerf het met Selfbeskikking as tema onder die opskrif "Contemporary issues in the law of external self-determination and secession beyond decolonisation and disilution".
Die graad het sy met lof verkry aan die Universiteit van Kent.
Om die Internsionale Regsbeginsels rakende Afrikaner-selfbeskikking beter te verstaan is dit raadsaam om te sien hoe sy in haar dessertasie tot die positiewe slotsom gekom het dat Afrikaners wel deeglik Eksterne Selfbeskikking kan verkry.
Laai hier af.

---------------------------------------------